Krul van die pyn, Sion, kry geboortepyne soos 'n vrou in kraam! Jy moet nou die stad verlaat, jy moet in die oop veld gaan woon en na Babel toe gaan. Daar sal jy gered word, daar sal die Here jou verlos uit die mag van jou vyande. Nou moet baie nasies nog eers teen jou saamstaan, hulle sê: “Ons sal toekyk hoe Sion verontreinig word.” Maar hulle ken nie die plan van die Here nie; hulle verstaan nie wat Hy besluit het nie: Hy het hulle soos gerwe op 'n dorsvloer bymekaargebring.
Lees MIGA 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: MIGA 4:10-12
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's