Prys die Here! Dit is goed om tot lof van ons God te sing, dit is 'n genot om die loflied te sing wat Hom toekom. Dit is die Here wat Jerusalem weer opbou, wat die verstrooides van Israel bymekaarbring. Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde. Hy besluit oor die getal van die sterre en gee elkeen 'n naam. Ons Here is groot en magtig, sy kennis is onbegrens. Die Here laat die hulpeloses weer opstaan, maar die goddeloses verneder Hy tot in die grond. Sing vir die Here 'n danklied, sing tot eer van ons God met begeleiding van die lier. Hy oordek die hemel met wolke, Hy voorsien reën vir die aarde en laat gras op die bergland uitspruit. Hy gee aan die diere hulle weiding en versorg die jong kraaie wat om kos skreeu. Die Here het niks aan die krag van 'n perd of die liggaamskrag van 'n soldaat nie, maar Hy stel prys op dié wat Hom dien, dié wat hulle hoop vestig op sy trou.
Lees PSALMS 147
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 147:1-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's