DIE OPENBARING 6:5-6

DIE OPENBARING 6:5-6 AFR83

Toe Hy die derde seël oopmaak, het ek die derde lewende wese hoor sê: “Gaan uit!” Ek het gesien: daar was 'n swart perd. Sy ruiter het 'n skaal in sy hand gehad. Toe het ek iets soos 'n stem by die vier lewende wesens hoor sê: “Net een skeppie koring vir 'n dagloon en net drie skeppies gars vir 'n dagloon. Maar moenie die olyfolie en die wyn bederf nie.”