1 KORINTIËRS 13:5 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

1 KORINTIËRS 13:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

1 KORINTIËRS 13:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie

1 KORINTIËRS 13:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie.

1 KORINTIËRS 13:5 DB (Die Boodskap)

om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie; om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie.

1 KORINTIËRS 13:5 ABA (Bybel vir almal)

hy doen nie lelike dinge nie, hy is nie selfsugtig nie, hy word nie gou kwaad nie, hy onthou nie vir altyd dat mense slegte dinge aan hom gedoen het nie

1 KORINTIËRS 13:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Liefde tree nie onbehoorlik op nie, jaag nie eiebelang na nie, is nie liggeraak nie. Dit hou nie boek van die kwaad nie

1 KORINTIËRS 13:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Gedra hom nie onvanpas nie, soek nie haar eie nie, word nie maklik geterg nie, dink geen kwaad nie