1 KORINTIËRS 15:16-17 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
1 KORINTIËRS 15:16-17 AFR83 (Afrikaans 1983)
As die dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie. En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes.
1 KORINTIËRS 15:16-17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes
1 KORINTIËRS 15:16-17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Ek sê weer, as die dooies nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie. En as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof waardeloos en is julle nog vasgevang in julle sondes.
1 KORINTIËRS 15:16-17 DB (Die Boodskap)
As God nie mense lewendig gaan maak nie, geld dieselfde mos vir Jesus - dan is Hy mos ook nie lewendig gemaak nie. En as God Hom nie lewendig gemaak het nie, is julle nog maar net soos julle altyd was, van kop tot tone in die sonde.
1 KORINTIËRS 15:16-17 ABA (Bybel vir almal)
Ja, ek sê dit weer: As die mense wat gesterf het, nie weer sal lewe nie, dan het God ook nie vir Christus weer laat lewe nie. En as God nie vir Christus weer laat lewe het nie, dan beteken julle geloof niks, dan is julle nog nie vry van julle sondes nie.
1 KORINTIËRS 15:16-17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want as dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie. En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof vergeefs, en is julle steeds in julle sondes.
1 KORINTIËRS 15:16-17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want as die dode nie opstaan nie, dan is Christus nie opgewek nie; En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof tevergeefs; julle is nog in julle sondes.