Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

1 KORINTIËRS 15:3-5 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

1 KORINTIËRS 15:3-5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf

1 KORINTIËRS 15:3-5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte; en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf.

1 KORINTIËRS 15:3-5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, soos in die Skrif staan. Verder dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf apostels.

1 KORINTIËRS 15:3-5 DB (Die Boodskap)

Soos ek die boodskap van ander gehoor het, het ek dit ook vir julle vertel. Die hart van alles is dít: Christus het gesterf sodat ons nie self sal moet sterf vir al die verkeerde dinge wat ons voor God gedoen het nie. Dit is presies wat die Skrif voorspel het sou gebeur. Maar die Skrif het ook verder voorspel dat Hy begrawe sou word en dat God Hom na drie dae weer lewendig sou maak. Net so het dit toe ook gebeur. Petrus het Hom eerste gesien nadat Hy lewendig geword het en later het al twaalf sy getrouste volgelinge Hom gesien.

1 KORINTIËRS 15:3-5 ABA (Bybel vir almal)

Die belangrikste dinge wat ek vir julle geleer het, het die ander apostels vir my geleer, en dit is: Christus het ons sondes weggeneem toe Hy gesterf het. Dit het gebeur soos daar in die Ou Testament geskryf is. Christus is begrawe, en God het Hom op die derde dag weer laat lewe. Dit het gebeur soos daar in die Ou Testament geskryf is. Christus het verskyn aan Sefas, en daarna het Hy ook verskyn aan die twaalf apostels.

1 KORINTIËRS 15:3-5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Want die wesenlike wat ek ontvang en ook aan julle oorgelewer het, is: •Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte; en Hy het aan Sefas verskyn, en toe aan die twaalf.

1 KORINTIËRS 15:3-5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want ek het in die eerste plek aan julle oorgegee wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; En dat hy begrawe is, en dat hy op die derde dag opgestaan het volgens die Skrifte: En dat hy gesien is van Céfas, daarna van die twaalf