1 JOHANNES 2:1
1 JOHANNES 2:1 Bybel vir almal (ABA)
Liewe vriende, ek skryf hierdie dinge vir julle omdat ek wil hê julle moenie sonde doen nie. Maar as ons sonde doen, dan kan ons seker wees dat ons Iemand by die Vader het wat vir Hom vra om ons te vergewe. Dit is Jesus Christus, Hy wat nie sonde gedoen het nie.
1 JOHANNES 2:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MY kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.
1 JOHANNES 2:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader.
1 JOHANNES 2:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, sodat julle nie moet sondig nie; en wanneer iemand sondig, het ons Jesus •Christus, die Regverdige, as Parakleet by die Vader.
1 JOHANNES 2:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My kinders, hierdie dinge skryf ek aan julle, dat julle nie sondig nie. En as iemand sondig, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.