1 KONINGS 10:1
1 KONINGS 10:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.
1 KONINGS 10:1 Bybel vir almal (ABA)
Die koningin van die land Skeba het gehoor dat die mense oor Salomo en oor die Here praat, en sy het gekom om te hoor of Salomo regtig so baie wysheid het.
1 KONINGS 10:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die koningin van Skeba het gehoor wat van Salomo en die Naam van die Here vertel word en sy het toe self gekom om Salomo met moeilike vrae te toets.
1 KONINGS 10:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die koningin van Skeba het die berigte oor Salomo bly hoor, iets wat die Naam van die HERE tot eer gestrek het. Sy het toe gekom om hom met raaisels te toets.
1 KONINGS 10:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die koningin van Skeba hoor van die gerug van Salomo oor die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met moeilike vrae te toets.