1 KONINGS 16:26 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
1 KONINGS 16:26 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hy het die pad van Jerobeam seun van Nebat geloop en dieselfde sonde gedoen as dié waarmee Jerobeam vir Israel laat sondig het, sodat hulle die Here die God van Israel met hulle afgodsbeelde uitgetart het.
1 KONINGS 16:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Hy het naamlik gewandel in al die weë van Jeróbeam, die seun van Nebat, en in sy sondes waarmee hy Israel laat sondig het, om die HERE, die God van Israel, te terg met hulle nietige afgode.
1 KONINGS 16:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy het die voorbeeld van Jerobeam seun van Nebat nagevolg en voortgegaan met die sonde van afgodery wat Jerobeam Israel laat doen het. Hulle het die HERE die God van Israel met hulle afgodsbeelde uitgetart.
1 KONINGS 16:26 DB (Die Boodskap)
Soos Jerobeam voor hom het Omri ook die Here se Naam groot oneer aangedoen. Hy het Israel verlei om ander gode te dien en die Here, die God van Israel, te vergeet.
1 KONINGS 16:26 ABA (Bybel vir almal)
Hy het alles gedoen wat Jerobeam seun van Nebat gedoen het, al die sondes wat Jerobeam gedoen het en alles wat hy die mense van Israel laat doen het. Hulle het die Here, die God van Israel, kwaad gemaak, want hulle het afgode gedien.
1 KONINGS 16:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het die pad van Jerobeam, seun van Nebat, in alle opsigte gevolg en volhard met sy sondes waarmee hy Israel laat sondig het, deur die HERE, die God van Israel, te tart met hulle nietige afgode.
1 KONINGS 16:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hy het gewandel in die hele weg van Jeróbeam, die seun van Nebat, en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het, om die HERE, die God van Israel, met hulle nietige toorn te terg.