1 SAMUEL 7:1 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
1 SAMUEL 7:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die mense van Kirjat-Jearim het toe gekom. Hulle het die ark van die Here gaan haal en dit na die huis van Abinadab op die heuwel gebring. Hulle het sy seun Eleasar gewy om die ark van die Here op te pas.
1 SAMUEL 7:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
TOE het die manne van Kirjat-Jeárim gekom en die ark van die HERE gaan haal en dit in die huis van Abinádab op die heuwel gebring; en hulle het sy seun Eleásar geheilig om die ark van die HERE te bewaak.
1 SAMUEL 7:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die inwoners van Kirjat-Jearim het toe gekom om die ark van die HERE weg te neem. Hulle het dit na die huis van Abinadab wat op ’n heuwel gestaan het, gebring. Hulle het ook sy seun Eleaser aangestel om daarna om te sien.
1 SAMUEL 7:1 DB (Die Boodskap)
Die mense van Kirjat-Jearim het toe die ark gaan haal en hom na Abinadab, wat op ’n bult gebly het, gevat. Hulle het vir sy seun Eleasar gesê om niks anders te doen nie as om net die ark van die Here op te pas.
1 SAMUEL 7:1 ABA (Bybel vir almal)
Die manne van Kirjat-Jearim het toe gekom en hulle het die kis na die huis van Abinadab gebring. Die huis was op die heuwel. Hulle het Abinadab se seun Eleasar gewy om die kis van die Here op te pas.
1 SAMUEL 7:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die manne van Kirjat-Jearim het toe gekom. Hulle het met die ark van die HERE opgegaan en dit na die huis van Abinadab op die heuwel geneem. Hulle het Eleasar, sy seun, gewy om die ark van die HERE op te pas.
1 SAMUEL 7:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die manne van Kirjat-Jeárim het gekom en die ark van die HERE gaan haal en dit in die huis van Abinadab op die heuwel gebring en sy seun Eleasar geheilig om die ark van die HERE te bewaar.