1 TESSALONISENSE 1:2-3
1 TESSALONISENSE 1:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer ons bid, dan dink ons aan julle almal en dan sê ons vir God dankie. Ja, wanneer ons tot ons God en Vader bid, dan onthou ons altyd wat julle alles doen omdat julle in Christus glo. Ons onthou ook hoe hard julle werk omdat julle lief is vir Christus, en ons onthou hoe julle aanhou hoop en weet dat ons Here Jesus Christus weer sal kom. Ja, julle wag dat Hy sal kom.
1 TESSALONISENSE 1:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wanneer ons bid, dank ons God altyd vir almal van julle. Ons onthou voortdurend hoe julle geloof dade word, hoe hard julle liefde julle laat werk en hoe julle aanhou hoop op ons Here Jesus Christus. In ons gebede noem ons hierdie dinge voor God ons Vader.
1 TESSALONISENSE 1:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ONS dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader
1 TESSALONISENSE 1:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons dank God altyd vir julle almal wanneer ons in ons gebede aan julle dink. Sonder ophou bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus.
1 TESSALONISENSE 1:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons dank God altyd oor julle almal wanneer ons aan julle dink in ons gebede. Voor God ons Vader onthou ons onophoudelik die uitwerking van julle geloof, die moeitevolle inspanning van julle liefde, en die standvastigheid van julle hoop op ons Here Jesus Christus.
1 TESSALONISENSE 1:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ons dank God altyd vir julle almal en maak van julle melding in ons gebede; Dink onophoudelik aan julle werk van geloof en arbeid van liefde en lydsaamheid van hoop op onse Here Jesus Christus, voor God en ons Vader
1 TESSALONISENSE 1:2-3 Die Boodskap (DB)
Elke keer wanneer ek met God oor julle elkeen praat, is daar net een woord op my lippe: Dankie! Ek vertel oor en oor vir God ons Vader hoe julle julle geloof uitleef in alles wat julle doen. Julle liefde vir ander mense vra baie groot opofferings van julle. En julle hou ook onverskrokke vas aan ons Here Jesus Christus se beloftes dat Hy terugkom.