2 KRONIEKE 1:7
2 KRONIEKE 1:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In daardie nag het God aan Salomo verskyn. Hy het vir hom gesê: “Vra wat Ek vir jou moet gee!”
2 KRONIEKE 1:7 Die Boodskap (DB)
Dié nag het die Here aan Salomo verskyn en vir hom gevra: “Wat wil jy graag hê? Ek sal dit vir jou gee.”
2 KRONIEKE 1:7 Bybel vir almal (ABA)
Daardie nag het God aan Salomo verskyn en vir hom gesê: “Jy mag vir My enige iets vra, Ek sal dit vir jou gee.”
2 KRONIEKE 1:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In dieselfde nag het God aan Salomo verskyn en aan hom gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.
2 KRONIEKE 1:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie nag het God aan Salomo verskyn en vir hom gesê: “Vra wat Ek jou moet gee.”