2 KRONIEKE 34:14
2 KRONIEKE 34:14 Bybel vir almal (ABA)
Toe hulle die geld uithaal wat die mense na die tempel gebring het, het die hoëpriester Gilkija die wetboek gekry wat die Here vir Moses gegee het.
2 KRONIEKE 34:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe hulle die geld uithaal wat in die huis van die HERE gebring was, het die priester Hilkía die wetboek van die HERE gevind wat deur die diens van Moses gegee is.
2 KRONIEKE 34:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hulle die geld wat vir die huis van die Here ingebring is, uitgehaal het, het die priester Gilkija die boek gekry met die wet van die Here wat deur bemiddeling van Moses aan Israel gegee is.
2 KRONIEKE 34:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl hulle besig was om die geld na buite te neem wat in die huis van die HERE byeengebring is, het die priester Gilkija afgekom op 'n •boekrol met die Wet van die HERE by monde van Moses.
2 KRONIEKE 34:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle die geld uitbring wat in die huis van die HERE gebring is, het die priester Hilkía 'n wetboek van die HERE gevind wat deur Moses gegee is.