2 KORINTIËRS 5:17-18
2 KORINTIËRS 5:17-18 Bybel vir almal (ABA)
As iemand aan Christus behoort, dan het God daardie persoon 'n nuwe mens gemaak. Die persoon se ou lewe is verby, ja, hy het 'n nuwe lewe gekry. Dit is God wat al hierdie dinge gedoen het. Hy het ons met Hom versoen omdat ons aan Christus behoort. God het vir ons die werk gegee om mense met Hom te versoen.
2 KORINTIËRS 5:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het
2 KORINTIËRS 5:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.
2 KORINTIËRS 5:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan – kyk, hulle het nuut geword. En dit alles kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen het, en aan ons die bediening van die versoening gegee het.
2 KORINTIËRS 5:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel: die ou dinge het verbygegaan; kyk, alles het nuut geword. En alles is van God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en aan ons die bediening van die versoening gegee het
2 KORINTIËRS 5:17-18 Die Boodskap (DB)
Nou weet ek dat wanneer iemand aan Christus behoort, hy ’n splinternuwe mens is; ’n nuwe skepping in die kleine. Al die ou sondige dinge is dan iets van die verlede. Dan is die nuwe lewe hier! Dit alles is God se werk. Hy het die vyandskap tussen ons en Hom uit die pad gevat toe Christus aan die kruis dood is. God het my nou in sy diens geneem om vir mense te vertel van sy versoening.
2 KORINTIËRS 5:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier! Hierdie hele nuwe werklikheid kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening gegee het.