2 KORINTIËRS 5:18-19
2 KORINTIËRS 5:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
2 KORINTIËRS 5:18-19 Die Boodskap (DB)
Dit alles is God se werk. Hy het die vyandskap tussen ons en Hom uit die pad gevat toe Christus aan die kruis dood is. God het my nou in sy diens geneem om vir mense te vertel van sy versoening. Deur Christus se sterwe het God vrede tussen Hom en die wêreld kom maak omdat Hy nie langer mense se sondes teen hulle hou nie. Dit is die goeie nuus wat ek nou oral bekendmaak.
2 KORINTIËRS 5:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie hele nuwe werklikheid kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening gegee het. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en nie die mense se oortredings teen hulle hou nie. Hierdie boodskap van die versoening het Hy aan ons opgedra om te gaan verkondig.
2 KORINTIËRS 5:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Dit is God wat al hierdie dinge gedoen het. Hy het ons met Hom versoen omdat ons aan Christus behoort. God het vir ons die werk gegee om mense met Hom te versoen. Dit beteken dat God die wêreld met Hom versoen het omdat mense aan Christus behoort. Hy het die sonde wat mense gedoen het, nie gestraf nie. En Hy het vir ons gesê ons moet vir mense vertel dat God so vir hulle versoening gedoen het.
2 KORINTIËRS 5:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.
2 KORINTIËRS 5:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En dit alles kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen het, en aan ons die bediening van die versoening gegee het. Dit bestaan daarin dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle nie hulle oortredings toe te reken nie; en Hy het aan ons die boodskap van versoening toevertrou.
2 KORINTIËRS 5:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En alles is van God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en aan ons die bediening van die versoening gegee het; Dit wil sê dat God in Christus was wat die wêreld met Homself versoen het en hulle hulle oortredinge nie toereken nie; en die woord van versoening aan ons toevertrou.