2 KORINTIËRS 5:21
2 KORINTIËRS 5:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
2 KORINTIËRS 5:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy wat nie sonde geken het nie, Hom het God ter wille van ons tot sonde gemaak, sodat ons in Hom voor God geregverdig kon word.
2 KORINTIËRS 5:21 Die Boodskap (DB)
Christus het nooit enige sondes gedoen nie. Maar God het Hom aan die kruis in ons plek in sonde verander. Hy het al ons sondes daar op Christus afgelaai sodat ons wat in Hom glo se verhouding met God nou herstel is.
2 KORINTIËRS 5:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons hegte verhouding met Christus, deur God vrygespreek kan word.
2 KORINTIËRS 5:21 Bybel vir almal (ABA)
Christus het self nie sonde gedoen nie. Maar God het vir Christus laat voel hoe dit is om swaar te kry oor die sonde wat mense doen. God het dit vir ons gedoen. Want God het ons nou vrygespreek van ons sonde omdat ons aan Christus behoort.
2 KORINTIËRS 5:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.