2 KONINGS 13:10-21

2 KONINGS 13:10-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

In die sewe en dertigste regeringsjaar van koning Joas van Juda het Joas seun van Joahas in Samaria oor Israel koning geword. Hy het sestien jaar geregeer en gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het nie afgesien van enige van die sondes wat Jerobeam seun van Nebat vir Israel laat doen het nie; hy het daarmee volhard. Die ander verhale oor Joas en alles wat hy gedoen het, die dapperheid waarmee hy teen koning Amasia van Juda geveg het, is opgeteken in die annale van die konings van Israel. Toe Joas oorlede is, het Jerobeam op die troon gekom. Joas is in Samaria by die konings van Israel begrawe. Elisa het ernstig siek geword en op sterwe gelê. Koning Joas van Israel het hom gaan besoek en het oor hom gehuil en gesê: “My vader, my vader, u was vir Israel die strydwa met sy ruiters!” Elisa sê toe vir hom: “Vat jou pyl en boog.” Die koning van Israel het dit gedoen, en toe sê Elisa vir hom: “Sit jou hand op die boog.” Die koning het sy hand op die boog gesit. Elisa het toe sy eie hande op die hande van die koning gesit en gesê: “Maak die venster aan die oostekant oop.” Die koning het dit oopgemaak, en Elisa het beveel: “Skiet!” Toe skiet die koning, en Elisa sê: “'n Pyl van die Here se oorwinning, 'n pyl van oorwinning oor Aram! Jy sal Aram verpletterend verslaan in Afek.” Verder sê Elisa: “Vat nou die pyle.” Die koning het hulle gevat, en Elisa sê vir hom: “Slaan teen die grond.” Die koning het drie maal geslaan en opgehou. Die man van God het baie kwaad geword vir die koning en gesê: “Jy moes vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het, maar nou sal jy Aram net drie keer verslaan.” Toe het Elisa gesterf, en hulle het hom begrawe. Moabitiese bendes het elke jaar die land binnegeval. Toe mense op 'n keer besig was om iemand te begrawe, sien hulle skielik so 'n bende. Hulle het die man se lyk in Elisa se graf gegooi. Toe die lyk aan Elisa se bene raak, het die man lewend geword en regop gaan staan.

2 KONINGS 13:10-21 Bybel vir almal (ABA)

Joas seun van Joahas het in Samaria koning van Israel geword in die sewe-en-dertigste jaar nadat koning Joas van Juda begin regeer het. Joas seun van Joahas was 16 jaar lank koning in Samaria. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hy het aangehou om die sondes te doen wat Jerobeam seun van Nebat die mense van Israel laat doen het. Al die ander dinge wat Joas gedoen het, ook die dapper dinge toe hy oorlog gemaak het teen koning Amasia van Juda, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel. Joas het gesterf, en sy mense het hom begrawe in Samaria by die konings van Israel. Jerobeam het daarna koning geword in Joas se plek. Elisa was baie siek. 'n Kort tyd voordat hy gesterf het, het koning Joas van Israel na hom toe gekom en by hom gehuil en gesê: “My vader, my vader, jy is Israel se oorlogkar en sy soldate op perde!” Elisa het vir die koning gesê: “Neem jou pyl en boog.” Koning Joas het dit gedoen, en Elisa het vir hom gesê: “Sit jou hand op die boog.” Die koning het dit gedoen, en Elisa het sy hande op die koning se hande gesit en gesê: “Maak oop die venster na die ooste.” Joas het dit gedoen, en toe sê Elisa: “Skiet.” Joas het 'n pyl geskiet, en toe sê Elisa: “Die pyl beteken die Here sal oorwin, die Here sal die land Aram oorwin. Jy sal die Arameërs in die stad Afek oorwin, hulle sal later niks meer kan doen nie.” Toe sê Elisa: “Neem die pyle.” Joas het dit gedoen. Elisa sê toe vir hom: “Slaan daarmee op die grond.” Koning Joas het drie maal op die grond geslaan en toe het hy opgehou. Die man van God het kwaad geword en vir Joas gesê: “Jy moes vyf of ses maal geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal oorwin het en hulle sou niks meer kon doen nie. Maar nou sal jy net drie maal vir Aram oorwin.” Elisa het gesterf, en sy mense het hom begrawe. Omtrent die einde van daardie jaar het groepe Moabiete in die land gekom en hulle het die mense van Israel aangeval. Eendag wou mense iemand gaan begrawe. Hulle sien toe 'n groep Moabiete en hulle gooi die persoon se liggaam in 'n graf, dit was Elisa se graf. Toe die man se liggaam aan Elisa se bene raak, het die man weer begin lewe en hy het regop gaan staan.

2 KONINGS 13:10-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

In die sewen-en-dertigste jaar van Joas, die koning van Juda, het Joas, die seun van Jóahas, koning geword oor Israel in Samaría — sestien jaar lank. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel. En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy teen Amásia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie? En Joas het ontslaap met sy vaders, en Jeróbeam het op sy troon gaan sit; en Joas is begrawe in Samaría by die konings van Israel. EN toe Elísa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesê: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters! Daarop sê Elísa vir hom: Neem 'n boog en pyle. En hy het vir hom 'n boog en pyle geneem. En hy sê vir die koning van Israel: Sit jou hand aan die boog. En hy het sy hand aan die boog gesit; en Elísa het sy hande op die hande van die koning gelê. Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En Elísa sê: Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy: 'n Pyl van oorwinning van die HERE en 'n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek. Verder sê hy: Neem die pyle. En hy het dit geneem. Toe sê hy vir die koning van Israel: Slaan teen die grond! En hy het drie maal geslaan en opgehou. Daarop word die man van God baie kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërs drie maal verslaan. Daarna het Elísa gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land ingekom met die ingang van die jaar. En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, sien hulle meteens die bende; daarom het hulle die man in die graf van Elísa gegooi; en toe die man met die gebeente van Elísa in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete.

2 KONINGS 13:10-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

In die sewe-en-dertigste regeringsjaar van Jehoas, die koning van Juda, het Joas, seun van Joagas, in Samaria koning geword oor Israel, sestien jaar lank. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE. Hy het nie afgewyk van al die sondes waarmee Jerobeam, seun van Nebat, Israel laat sondig het nie. Hy het daarmee volgehou. Die verdere geskiedenis van Joas, alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg het teen Amasia, die koning van Juda, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Israel nie? Joas het by sy voorouers gaan rus. Toe het Jerobeam op sy troon gaan sit. Joas is in Samaria begrawe by die konings van Israel. Elisa was reeds siek aan die kwaal waaraan hy sou sterf. Joas, die koning van Israel, het na hom toe afgegaan, in sy teenwoordigheid gehuil en gesê: “My vader, my vader, strydwa van Israel en sy perde!” Elisa sê toe vir hom: “Kry 'n boog en pyle!” Hy kry toe vir hom 'n boog en pyle. Daarop sê hy vir die koning van Israel: “Hou die boog gereed!” Toe hy dit gereedhou, lê Elisa sy hande op die koning se hande. Hy sê toe: “Maak die venster aan die oostekant oop!” Hy het dit oopgemaak. Daarop sê Elisa: “Skiet!” Hy skiet toe. “'n Pyl van oorwinning vir die HERE, 'n pyl van oorwinning teen Aram,” het Elisa gesê. “Jy sal Aram in Afek heeltemal verslaan.” Daarop sê hy: “Neem die pyle!” Hy het dit geneem. “Slaan teen die grond!” sê hy toe vir die koning van Israel. Hy slaan toe drie maal en hou op. Die man van God het hom bloedig vererg vir hom en sê: “Jy moes vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het; maar nou sal jy Aram net drie keer verslaan.” Elisa het toe gesterf en hulle het hom begrawe. Moabitiese roofbendes het met die aanbreek van die jaar die land binnegeval. Terwyl mense besig was om 'n man te begrawe, sien hulle skielik die bende. Hulle gooi toe die man in die graf van Elisa en gee pad. Toe die man aan Elisa se beendere raak, het hy lewendig geword en regop gaan staan.

2 KONINGS 13:10-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

In die sewe en dertigste jaar van Joas, die koning van Juda, het Joas, die seun van Joahas, koning geword oor Israel in Samaria, en hy het sestien jaar geregeer. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie; maar hy het daarin gewandel. En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade waarmee hy geveg het teen Amásia, die koning van Juda, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie? En Joas het ontslaap met sy vaders; en Jeróbeam het op sy troon gaan sit, en Joas is by die konings van Israel in Samaría begrawe. En Elisa het siek geword van sy siekte waarvan hy gesterf het. En Joas, die koning van Israel, het na hom afgekom en oor sy aangesig geween en gesê: My vader, my vader, strydwa van Israel en sy ruiters! En Elísa sê vir hom: Neem pyl en boog. En hy het pyl en boog vir hom geneem. En hy sê aan die koning van Israel: Sit jou hand op die boog. En hy het sy hand daarop gelê, en Elísa het sy hande op die hande van die koning gelê. En hy sê: Maak die venster oop na die ooste. En hy het dit oopgemaak. Toe sê Elisa: Skiet! En hy het geskiet. En hy sê: Die pyl van die verlossing van die HERE en die pyl van verlossing uit Aram, want jy sal die Arameërs in Afek verslaan totdat jy hulle verteer het. En hy sê: Neem die pyle. En hy het hulle geneem. En hy het aan die koning van Israel gesê: Slaan op die grond. En hy het drie maal geslaan en gebly. En die man van God was kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses keer geslaan het; dan het jy Arameërs verslaan totdat jy dit verteer het; maar nou sal jy Arameërs maar drie maal verslaan. En Elisa het gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land binnegeval teen die aankoms van die jaar. En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, kyk, het hulle 'n bende manne bespied; en hulle het die man in die graf van Elísa gegooi.

2 KONINGS 13:10-21 Die Boodskap (DB)

In die 37ste jaar van koning Joas van Juda se regering het Joas, die seun van Joahas, koning in Israel geword. Hy het sestien jaar lank in Samaria regeer. Die Here was nie tevrede met Joas se optrede nie. Hy het aangehou met al die sondes wat Jerobeam Israel laat doen het. Die res van Joas se geskiedenis en wat hy alles gedoen het, ook sy dapperheid in sy gevegte teen Amasia, die koning van Juda, word vertel in Die lewe en werk van al Israel se konings. Na sy dood is hy by die konings van Israel in Samaria begrawe en Jerobeam II het hom opgevolg. Toe Elisa dodelik siek aan sy laaste siekte gelê het, het koning Joas van Israel na hom toe gekom. Joas het gehuil en vir Elisa gesê: “My vader! My vader! U is vir Israel soos ’n strydwa met sy ruiters!” Elisa het vir hom gesê: “Vat jou pyl en boog.” Die koning het dit gedoen en toe sê Elisa: “Sit nou jou hande op die boog.” Hy het dit ook gedoen. Toe sit Elisa sy hande bo-oor die koning se hande. Daarop sê Elisa: “Maak die venster na die oostekant toe oop!” Die koning het dit gedoen. Toe sê Elisa: “Skiet!” Toe hy geskiet het, sê Elisa: “Dit is die Here se pyl van oorwinning oor Aram, want jy sal die Arameërs volkome by Afek verslaan. Vat nou die ander pyle en slaan hulle teen die grond.” Die koning het die pyle gevat en drie keer teen die grond geslaan. Dit het Elisa kwaad gemaak en hy het vir die koning gesê: “Jy moes ten minste vyf of ses keer teen die grond geslaan het! Dan sou jy die Arameërs behoorlik verslaan het. Nou sal jy hulle net drie keer verslaan.” Daarna is Elisa dood en hulle het hom begrawe. Bendes uit Moab het Israel elke lente binnegeval. Eenkeer was ’n klompie Israeliete besig om ’n man te begrawe toe hulle een van die bendes opmerk. Hulle het die lyk toe sommer in Elisa se graf gegooi. Toe sy liggaam aan Elisa se bene raak, het hy lewendig geword en opgestaan!

2 KONINGS 13:10-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

In die 37ste jaar van koning Joas se regering in Juda het Joas seun van Joahas koning geword oor Israel. Hy het sestien jaar in Samaria regeer. Maar hy het gedoen wat verkeerd was vir die HERE. Hy het nie afgesien van die afgodery wat Jerobeam seun van Nebat hulle geleer het om te doen nie, maar daarmee volhard. Die ander gebeurtenisse tydens Joas se bewind, alles wat hy gedoen het, sy dapper dade tydens sy oorloë met koning Amasia van Juda, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel. Toe Joas sterf, het Jerobeam II hom opgevolg. Joas is in Samaria by die konings van Israel begrawe. Elisa het siek geword en op sterwe gelê. Koning Joas van Israel het hom besoek en oor hom gehuil. “My vader! My vader! Die strydwa en ruiters van Israel!” het hy uitgeroep. Elisa sê toe vir hom: “Vat jou boog en pyle.” Die koning het so gemaak. Elisa sê vir hom: “Sit jou hande op die boog.” Hy het so gemaak. Elisa sit toe sy eie hande oor die koning s’n. Daarna beveel hy: “Maak die venster na die ooste toe oop.” Hy het so gemaak. Elisa sê vir hom: “Skiet!” Hy het so gemaak. Toe kondig Elisa aan: “Die pyl van die HERE se oorwinning, ’n pyl van oorwinning oor Aram. Jy sal die Arameërs by Afek heeltemal verslaan. Vat nou die ander pyle en slaan teen die grond.” Die koning het hulle opgetel, drie keer geslaan en toe opgehou. Maar die man van God het baie kwaad geword vir hom. “Jy moes vyf of ses keer geslaan het!” roep hy uit. “Dan sou jy Aram verslaan en heeltemal verwoes het. Nou sal jy net drie keer oor Aram seëvier.” Daarna het Elisa gesterf en hulle het hom begrawe. Moabitiese bendes het elke lente die land binnegeval. Eenkeer was ’n klompie Israeliete besig om ’n man te begrawe toe hulle so ’n bende plunderaars opmerk. Hulle gooi toe die liggaam gou in Elisa se graf. Maar net toe die liggaam Elisa se bene raak, het die dooie man herlewe en regop gestaan!