2 KONINGS 2:11
2 KONINGS 2:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl hulle nog voortgaan en praat, het daar 'n wa van vuur en perde van vuur verskyn en hulle altwee uitmekaar geskeur; en Elia het in 'n warrelwind na die hemel opgegaan.
2 KONINGS 2:11 Bybel vir almal (ABA)
Terwyl hulle geloop en praat het, het daar skielik 'n oorlogkar en perde van vuur tussen Elia en Elisa gekom, en Elia het in 'n stormwind opgegaan in die lug.
2 KONINGS 2:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens 'n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar.
2 KONINGS 2:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hulle gesels-gesels verder gegaan het, was daar skielik 'n wa van vuur met perde van vuur wat hulle twee van mekaar geskei het, en Elia is in 'n stormwind op, die hemel in.
2 KONINGS 2:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl hulle nog so loop en praat, is daar skielik 'n strydwa van vuur en perde van vuur! Dit het skeiding gebring tussen hulle twee, en Elia het in die stormwind opgegaan na die hemel.