2 KONINGS 20:1
2 KONINGS 20:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In dié tyd het Hiskia dodelik siek geword. Jesaja, seun van Amos, die profeet, het by hom aangekom en vir hom gesê: “So sê die HERE, ‘Gee die laaste opdragte oor jou huisgesin, want jy gaan sterf, jy sal nie leef nie.’ ”
2 KONINGS 20:1 Die Boodskap (DB)
In dié tyd het Hiskia baie ernstig siek geword. Die profeet Jesaja het hom gaan besoek en vir hom gesê: “Ek het vir jou ’n boodskap van die Here af. Hy sê jy moet jou sake in orde kry, want jy gaan nie weer gesond word nie.”
2 KONINGS 20:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ongeveer hierdie tyd het Hiskia dodelik siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het hom gaan besoek. Hy gee toe hierdie boodskap aan die koning: “Dit is wat die HERE sê: Kry jou sake in orde, want jy gaan sterf. Jy sal nie bly leef nie.”
2 KONINGS 20:1 Bybel vir almal (ABA)
Koning Hiskia het in daardie tyd baie siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en vir hom gesê: “Jy moet vir jou familie sê wat jy wil hê hulle moet doen, want jy sal sterf, jy sal nie gesond word nie.”
2 KONINGS 20:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en Jesaja, die seun van Amos, die profeet, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.