2 PETRUS 2:9
2 PETRUS 2:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die Here weet hoe om die godvresendes uit versoekings te verlos en om die onregverdiges te bewaar tot die dag van oordeel om gestraf te word.
2 PETRUS 2:9 Bybel vir almal (ABA)
Maar die Here weet dat Hy die mense sal red wat Hom dien, Hy sal hulle red wanneer hulle baie swaar kry, en Hy sal die mense wat verkeerd lewe, aanhou straf totdat die oordeelsdag kom.
2 PETRUS 2:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word
2 PETRUS 2:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te red, maar om die goddeloses te straf en vir die oordeelsdag gevange te hou.
2 PETRUS 2:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
dan weet die Here tog baie goed om daardie mense wat godvresend leef, uit versoeking te red, maar ook om die onregverdiges tot op die dag van oordeel gevange te hou, sodat hulle gestraf kan word
2 PETRUS 2:9 Die Boodskap (DB)
Gelukkig weet die Here hoe om almal te help wat in ’n opregte verhouding met Hom leef as hulle voor versoekings te staan kom. Hy help hulle om nie daaraan toe te gee nie. Maar die Here weet ook hoe om slegte mense te straf en hoe om hulle gevange te hou tot op die groot oordeelsdag.