2 SAMUEL 23:3-4
2 SAMUEL 23:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Die God van Israel het met my gepraat, die Rots van Israel het gesê, ‘Hy wat regverdig heers onder mense, hy wat in die vrees van die HERE heers, is soos die môrelig teen sonop op 'n wolklose oggend; deur die helderheid wat die reën bring, spruit groen gras uit die aarde.’
2 SAMUEL 23:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Die God van Israel het gepraat, die Rots van Israel het vir my gesê: Iemand wat regverdig regeer oor mense en wat vir God dien, is soos die oggendlig wanneer die son opkom en daar nie wolke is nie, en die reën blink op die groen plante wat uit die aarde groei.
2 SAMUEL 23:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die God van Israel het gesê, die Rots van Israel het tot my gespreek: 'n Heerser oor mense, 'n regverdige, 'n heerser in die vrees van God, is soos die môrelig by sonsopgang, 'n môre sonder wolke as deur die glans ná die reën grasspruitjies uit die aarde uitkom.
2 SAMUEL 23:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die God van Israel het gepraat, die Rots van Israel het vir my gesê: ‘Hy wat regverdig oor mense heers, wat regeer in eerbied teenoor God, is soos die môrelig as die son opkom op 'n oggend sonder wolke; dit skitter na die reën; die gras skiet op uit die grond.’
2 SAMUEL 23:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die God van Israel het gesê: Die Rots van Israel het met my gespreek: Hy wat oor die mense heers, moet regverdig wees en heers in die vrees van God. En hy sal wees soos die lig van die môre as die son opkom, 'n môre sonder wolke; soos die sagte gras wat uit die aarde spring deur helder skyn na reën.
2 SAMUEL 23:3-4 Die Boodskap (DB)
Die God van Israel het gepraat; Israel se God by wie ’n mens veilig is, het vir my gesê: As iemand ’n regverdige koning is en respek het vir die Here, is hy soos die helder son op ’n wolklose môre wat die gras laat groei na die reën.
2 SAMUEL 23:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die God van Israel het gepraat, die Rots van Israel het vir my gesê: ‘Die mens wat regeer met regverdigheid, wat regeer in eerbied teenoor God, hy is soos die môrelig wanneer die son in die oggend verskyn in ’n wolklose hemel, soos helderheid ná die reën wat jong gras uit die aarde laat groei.’