2 TESSALONISENSE 2:5-8
2 TESSALONISENSE 2:5-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Onthou julle nie dat ek herhaaldelik met julle oor hierdie dinge gepraat het toe ek nog by julle was nie? En nou weet julle wat dit is wat hom terughou, om op sy eie tyd geopenbaar te word. Want die wetteloosheid is reeds in die geheim aan die werk, maar net totdat hy wat hom nog terughou, uit die weg geruim is. En dan sal die wettelose mens geopenbaar word, die een vir wie die Here Jesus deur die asem van sy mond sal uitwis – ja, Hy sal hom deur die glans van sy verskyning vernietig.
2 TESSALONISENSE 2:5-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Onthou julle nie? Toe ek nog by julle was, het ek julle van hierdie dinge vertel. Dan weet julle ook wat hom nog daarvan terughou om op sy bestemde tyd na vore te tree. Die wetteloosheid werk inderdaad alreeds in die geheim, maar net totdat die een wat dit terughou, uit die weg geruim is – dán sal die wettelose op die toneel verskyn. Hy sal egter deur die asem uit die Here Jesus se mond doodgemaak en deur die glans van sy koms vernietig word.
2 TESSALONISENSE 2:5-8 Bybel vir almal (ABA)
Onthou julle dat ek julle teen hierdie dinge gewaarsku het toe ek nog by julle was? Daar is nou iets wat hierdie slegte leier keer, hy kan nie nou doen wat hy wil doen nie. Julle weet wat dit is wat hom keer. Hy sal net kan doen wat hy wil doen wanneer God besluit hy mag dit doen. Niemand weet dit nie, maar hierdie slegte leier laat mense nou al klaar besluit om nie na God se wette te luister nie. Maar daar is een wat hom keer, en wanneer daardie een nie meer daar is nie, dan sal almal dit weet. En dan sal almal kan sien wie die slegte leier is, die een wat glad nie na God se wette wil luister nie. En wanneer die Here Jesus kom, dan sal Hy hierdie slegte leier doodmaak, so maklik soos 'n mens iets met jou asem wegblaas. Ja, die slegte leier sal verdwyn wanneer hy sien dat die Here Jesus kom en dat Hy Koning is.
2 TESSALONISENSE 2:5-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak
2 TESSALONISENSE 2:5-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Onthou julle nie dat ek dit herhaaldelik vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? En julle weet nou wat hom nog teëhou, sodat hy eers as dit sy tyd is, sy verskyning sal maak. Die geheime krag van die wetteloosheid is al aan die werk, maar die een wat die wettelose teëhou, moet eers uit die weg wees, en dan sal die wettelose self op die toneel verskyn. Maar wanneer die Here Jesus kom, sal Hy hom met die asem uit sy mond verdelg en deur die glans van sy verskyning vernietig.
2 TESSALONISENSE 2:5-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Onthou julle nie dat ek hierdie dinge vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? En nou weet julle wat dit weerhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid werk alreeds; net hy wat nou laat, sal dit laat totdat hy uit die weg geruim is. En dan sal daardie goddelose geopenbaar word, wat die Here sal vernietig met die gees van sy mond en sal vernietig met die glans van sy koms.
2 TESSALONISENSE 2:5-8 Die Boodskap (DB)
Het julle dan al hierdie dinge vergeet? Ek het dit so mooi vir julle verduidelik toe ek daar by julle was. Hierdie goddelose mens is nog nie op die toneel nie. Hy word nog teruggehou. Ek het ’n hele paar keer vir julle vertel wie dit is wat hom keer om nou al sy verskyning te maak, want die tyd is nog nie reg vir sy koms nie. Maar moenie dink alles is rustig en veilig nie. Agter die skerms is die bose magte hard aan die werk. Hulle wag net vir die oomblik wanneer die een wat die goddelose figuur terughou, self van die toneel verdwyn. Dan sal daardie goddelose mens sy opwagting maak. Natuurlik sal die Here Jesus persoonlik met hom afreken. Wanneer Hy terugkom na die wêreld toe, sal Hy hierdie goddelose figuur met een asemteug wegblaas. Sy glans en glorie is genoeg om hierdie wettelose mens in ’n oogwink te vernietig.