2 TIMOTEUS 2:3-4 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
2 TIMOTEUS 2:3-4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus. 'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.
2 TIMOTEUS 2:3-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Ly dan verdrukking soos 'n goeie krygsman van Jesus Christus. Niemand wat 'n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.
2 TIMOTEUS 2:3-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Verduur saam met my lyding soos ’n goeie soldaat van Christus Jesus. Geen soldaat raak verstrengeld in die beslommernisse van hierdie lewe nie, want dan kan hy die een wat hom vir sy leër gewerf het, nie tevrede stel nie.
2 TIMOTEUS 2:3-4 DB (Die Boodskap)
Ons kan sê jy is soos ’n soldaat van Christus. ’n Soldaat van Christus sal nie omgee om saam met die ander soldate swaar te kry vir Christus nie. ’n Soldaat se werk is om te doen wat sy bevelvoerder vra. Hy moet hom nie besig hou met allerhande ander dingetjies wat niks met sy werk as soldaat te doen het nie.
2 TIMOTEUS 2:3-4 ABA (Bybel vir almal)
Jy moet soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus ook swaarkry saam met die ander gelowiges. 'n Soldaat wat besig is om sy werk te doen en wat wil hê dat sy offisier tevrede moet wees met hom, moenie ook ander werk wil doen nie.
2 TIMOTEUS 2:3-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Verduur jou deel van die ontbering, soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus. 'n Soldaat raak nie verstrik in sake van die alledaagse lewe nie, sodat hy sy bevelvoerder tevrede kan stel.
2 TIMOTEUS 2:3-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verdra dan verharding, soos 'n goeie soldaat van Jesus Christus. Niemand wat oorlog voer, verstrik hom met die sake van hierdie lewe nie; dat hy hom kan behaag wat hom as soldaat uitverkies het.