HANDELINGE 15:36-41
HANDELINGE 15:36-41 Bybel vir almal (ABA)
Ná 'n tyd het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan terug om te kyk hoe dit met die gelowiges gaan in elke stad waar ons die boodskap van die Here gebring het.” Barnabas wou toe vir Johannes ook saamneem. Johannes se ander naam was Markus. Maar Paulus het nie gedink dat dit reg is om Johannes saam met hulle te neem nie, want hy het weggegaan van hulle toe hulle in die provinsie Pamfilië was en hy het nie verder saam met hulle gegaan om die werk te doen nie. Paulus en Barnabas het toe begin stry en hulle het toe weggegaan van mekaar. Barnabas het vir Markus saamgeneem en hulle het met 'n skip na die eiland Siprus geseil. Maar Paulus het vir Silas gekies om saam met hom te gaan. Nadat die gelowiges tot die Here gebid het om vir Paulus en Silas genadig te wees, het Paulus en Silas weggegaan. Hulle het deur die provinsies Sirië en Silisië gegaan en hulle het die gemeentes bemoedig.
HANDELINGE 15:36-41 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En 'n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan. En Bárnabas wou Johannes, wat Markus genoem word, saamneem. Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neem wat van Pamfílië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie. Daar het toe 'n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; en Bárnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil. MAAR Paulus het Silas gekies en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God opgedra was. En hy het Sírië en Cilícië deurgegaan en die gemeentes versterk.
HANDELINGE 15:36-41 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Tydjie later het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan kyk hoe gaan dit met die gelowiges in al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het.” Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem. Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in Pamfilië verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie. Hieroor het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het. Barnabas het toe vir Markus geneem en met 'n skip na Siprus toe vertrek. Paulus het vir Silas gekies en vertrek, nadat hulle deur die gelowiges aan die genade van die Here toevertrou is. Hy het deur Sirië en Silisië gereis en die gemeentes geestelik versterk.
HANDELINGE 15:36-41 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Paar dae later het Paulus aan Barnabas gesê: “Kom ons gaan terug en besoek die broers in elke dorp waar ons die woord van die Here verkondig het, en gaan kyk hoe dit met hulle gaan.” Barnabas wou ook Johannes, bekend as Markus, saamneem, maar Paulus het nie gedink dat dit reg is om die man saam te neem wat hulle by Pamfilië in die steek gelaat en hulle nie vir die werk vergesel het nie. Daar het toe so 'n skerp meningsverskil tussen hulle ontstaan dat hulle uitmekaar gegaan het. Barnabas het vir Markus saamgeneem en na Ciprus gevaar. Paulus het vir Silas gekies en het vertrek, nadat hulle deur die broers aan die genade van die Here opgedra is. Hy het deur Sirië en Silisië gereis en die gemeentes daar versterk.
HANDELINGE 15:36-41 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En 'n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons weer gaan en ons broers besoek in elke stad waar ons die woord van die Here verkondig het, en kyk hoe dit met hulle gaan. En Barnabas het besluit om Johannes, wie se van Markus was, saam te neem. Maar Paulus het dit nie goed gedink om hom saam te neem nie, wat van hulle af weggegaan het uit Pamfilië en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie. En die twis was so hewig tussen hulle dat hulle die een van die ander geskei het, en Bárnabas het Markus geneem en na Ciprus gevaar; En Paulus het Silas gekies en vertrek, deur die broeders aan te beveel tot die genade van God. En hy het deur Sirië en Cilicië gegaan en die gemeentes bevestig.
HANDELINGE 15:36-41 Die Boodskap (DB)
Op ’n dag het Barnabas vir Paulus kom sê: “Kom ons gaan lê weer besoek af by die gelowiges in al die stede waar ons vroeër die Woord van die Here verkondig het. Dan kan ons sien hoe dit met hulle gaan.” Barnabas wou vir Johannes Markus saamvat. Maar Paulus was nie bereid om Markus saam te neem nie. Hy het hulle die vorige keer daar by Pamfilië in die steek gelaat. Hulle twee het toe oor Markus aan die stry geraak. Later het hulle so ernstig van mekaar verskil dat hulle besluit het om elkeen sy eie koers te gaan. Barnabas het toe vir Markus gevat en met ’n skip na Siprus vertrek. Op sy beurt het Paulus vir Silas, wat intussen weer na Antiogië toe gekom het, as sy nuwe helper gekies. Die gemeente van Antiogië het vir hulle gebid en hulle aan die goedheid en sorg van die Here opgedra. Daarna het Paulus en Silas na Sirië en Silisië vertrek. Hulle het die gelowiges daar gaan moed inpraat en vir hulle gesê om aan te hou om in God te glo.
HANDELINGE 15:36-41 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Na ’n paar dae sê Paulus vir Barnabas: “Kom ons gaan terug na al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het en kyk hoe dit gaan met ons medegelowiges.” Barnabas wou vir Johannes (sy noemnaam is Markus) saamvat. Paulus het egter gedink dit is nie reg om die man saam te vat wat hulle in Pamfilië in die steek gelaat het en nie aan hulle verdere bediening deel gehad het nie. Daar het toe kwade gevoelens tussen hulle ontstaan, en hulle het elkeen sy eie koers gegaan. Barnabas het vir Markus gevat en Siprus toe gevaar. Paulus het Silas gekies en hy het vertrek nadat hy deur die gelowiges aan die liefdevolle goedheid van die Here toevertrou is. Hy het deur Sirië en Silisië gereis en die gemeentes daar versterk.