HANDELINGE 17:22-28
HANDELINGE 17:22-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Paulus het toe in die middel van die Areopagus gaan staan en gesê: “Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is. Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle aanbid, het ek ook 'n altaar gekry waarop geskrywe staan: ‘Aan 'n onbekende god.’ “Nou ja, wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te hê, verkondig ek aan julle. God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie. Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee. Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon. God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’
HANDELINGE 17:22-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus het toe in die middel van die Areopagus gaan staan en gesê: “Atheners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is. Want toe ek deur die stad gestap het en noukeurig gekyk het na julle voorwerpe van aanbidding, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskryf staan, ‘Aan 'n onbekende god.’ Wat julle dan onwetend aanbid, verkondig ek aan julle. Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here is van hemel en aarde, woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie. Hy word ook nie deur menslike hande bedien, asof Hy aan iets behoefte het nie – dit is Hy wat aan almal lewe en asem, ja alles, gee. Uit een mens het Hy al die nasies van die mensdom gemaak om die hele aarde te bewoon. Hy het vir hulle vasgestelde tye gegee en die grense van hulle woongebied bepaal, sodat hulle God kon soek, en miskien na Hom sou uitreik en Hom sou vind, aangesien Hy nie ver van een van ons af is nie. Want deur Hom leef ons, beweeg ons en bestaan ons, soos sommige van julle digters inderdaad gesê het, “ ‘Ons is ook van sy geslag.’
HANDELINGE 17:22-28 Die Boodskap (DB)
Paulus het in die middel van die Areopagus gaan staan en met die mense begin praat. “Geagte mense van Atene, ek kan sien dat julle baie godsdienstig is. Nou die dag toe ek hier aankom, het ek na julle tempels en die beelde van julle gode geloop en kyk. Toe kom ek op ’n altaar af met dié woorde daarop: ‘Aan die God wat niemand ken nie.’ “Ek wil nou met julle praat oor hierdie God wat julle dien sonder dat julle Hom behoorlik ken. Dit is Hy wat die hemel en die aarde gemaak het. Hy regeer oor alles in die lug bokant julle en oor alles op die grond. Hy bly nie in die een of ander tempel wat deur mense gebou is nie. Daarvoor is Hy heeltemal te groot en te belangrik. Hy het ook nie nodig dat mense Hom van die oggend tot die aand moet bedien met allerhande offers nie. Die God van wie ek julle vertel, is nie van ons mense afhanklik nie. Hy het alles op die aarde gemaak, ook elkeen van julle. Dit is Hy wat sorg dat ons elke dag asemhaal. Dit alles het begin toe Hy lank terug die heel eerste mens gemaak het van wie al die volke afstam wat nou op die aarde woon. God het toe vir elke volk ’n plek gegee om te bly. Hy het ook besluit hoe lank hulle daar sou bly. God wil hê dat al die volke op die aarde Hom moet dien. Hy wil hê dat ons almal voor Hom moet buig. Gelukkig is God naby aan ons almal.” “Omdat God so baie vir ons omgee, sorg Hy dat ons almal elke dag kan leef en rondbeweeg. Ons bestaan slegs omdat Hy dit so wil. Een van julle digters het dit mooi opgesom toe hy gesê het
HANDELINGE 17:22-28 Bybel vir almal (ABA)
Paulus het toe voor die vergadering op die Areopagus gaan staan en hy het gesê: “Mense van Atene, ek sien dat julle aanhou om julle gode te dien saam met alles wat julle in julle lewe doen. Ek het deur julle stad geloop en ek het gekyk na die plekke waar julle al julle gode aanbid. Toe het ek ook 'n altaar gekry en op die altaar is daar geskryf: ‘Hierdie altaar is vir die god wat ons nie ken nie.’ Ek wil vir julle vertel van hierdie God, julle ken Hom nie, maar julle aanbid Hom. Hierdie God het die wêreld gemaak en ook alles wat daarin is. Hý is die Here van die hemel en die aarde, en Hy woon nie in tempels wat mense gemaak het nie. Mense moenie vir hierdie God sorg nie, dit is nie nodig nie. Hy is die Een wat vir al die mense lewe gee, Hy laat hulle asemhaal, en Hy gee alles vir hulle. God het een mens, Adam, gemaak, en al die volke kom van Adam. God het gesê die mense moet op die hele aarde woon en Hy het besluit hoe lank en waar hulle sal woon. God het dit gedoen sodat die mense vir Hom sal probeer soek soos mense wat rondvoel in die donker om Hom te probeer kry. Maar Hy is nie ver van elkeen van ons nie. “Want
HANDELINGE 17:22-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is. Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan 'n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee. En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
HANDELINGE 17:22-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe gaan Paulus in die middel van die heuwel van Mars staan en sê: Manne van Athene, ek sien dat julle in alles te bygelowig is. Want toe ek verbygaan en julle goddeloosheid aanskou, het ek 'n altaar gevind met hierdie opskrif: AAN DIE ONBEKENDE GOD. Wie julle dan onwetend aanbid, hom verkondig Ek julle. God wat die wêreld en alles daarin gemaak het, aangesien Hy Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie; Ook word hy nie met mensehande aanbid asof hy iets nodig het nie, omdat Hy aan alle lewe en asem en alles gee; En Hy het uit een bloed al die nasies van mense gemaak om op die hele aarde te woon, en het vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek bepaal; dat hulle die Here sou soek, as hulle Hom miskien kon aanvoel en Hom vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons af nie. Want in Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons; soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy nageslag.
HANDELINGE 17:22-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Paulus het toe in die middel van die Areopagusraad stelling ingeneem en gesê: “Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte nogal regtig godsdienstig is. Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die voorwerpe wat julle aanbid, het ek ook ’n altaar gesien met die inskripsie: ‘Aan ’n onbekende god.’ Nou ja, hierdie God wat julle aanbid sonder om Hom te ken, Hóm verkondig ek aan julle. “Hy is die God wat die wêreld met alles daarin gemaak het. Hy is die Here van hemel en aarde, en daarom woon Hy nie in tempels wat met mensehande gebou is nie. Mensehande kan nie na sy behoeftes omsien nie, want Hy het aan niks behoefte nie. Inteendeel, dit is Hý wat aan almal lewe en asem en álles gee. Uit een mens het Hy elke nasie van die mensdom gemaak, om oor die hele aarde te woon. Hy het die tye van hulle bestaan bepaal, en die grense van hulle blyplek. “God se doel met die nasies was om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Nie dat Hy ver van enigeen van ons af is nie. Dis tog juis deur Hóm dat ons leef, beweeg en bestaan. Soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons is sy nageslag.’