HANDELINGE 17:27
HANDELINGE 17:27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“God se doel met die nasies was om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Nie dat Hy ver van enigeen van ons af is nie.
HANDELINGE 17:27 Bybel vir almal (ABA)
God het dit gedoen sodat die mense vir Hom sal probeer soek soos mense wat rondvoel in die donker om Hom te probeer kry. Maar Hy is nie ver van elkeen van ons nie.
HANDELINGE 17:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie
HANDELINGE 17:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie
HANDELINGE 17:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sodat hulle God kon soek, en miskien na Hom sou uitreik en Hom sou vind, aangesien Hy nie ver van een van ons af is nie.