HANDELINGE 2:39 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HANDELINGE 2:39 AFR83 (Afrikaans 1983)
Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”
HANDELINGE 2:39 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
HANDELINGE 2:39 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep.”
HANDELINGE 2:39 DB (Die Boodskap)
Hierdie groot hemelse Geskenk is bedoel vir elkeen van julle. En ook vir julle kinders. Ja, selfs vir al die ander mense wat op die oomblik nog ver van God af lewe. Binnekort sal hulle ook van Hom hoor en deur God nader geroep word.”
HANDELINGE 2:39 ABA (Bybel vir almal)
Want God het dit belowe vir julle en vir julle kinders en ook vir al die mense wat nie Jode is nie. Ja, Hy belowe dit vir al die mense wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”
HANDELINGE 2:39 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want die belofte is bedoel vir julle, en ook vir julle kinders, en vir almal daar ver, almal wat die Here ons God na Hom toe roep. ”
HANDELINGE 2:39 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die belofte is vir julle en aan julle kinders en aan almal wat ver is, selfs almal as wat die Here ons God sal roep.