HANDELINGE 9:15-16
HANDELINGE 9:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê toe vir Ananias: “Jy moet na Saulus toe gaan, want Ek het hom gekies en aangestel om vir My te werk en om vir die volke en hulle konings en ook vir die Israeliete te vertel van My. Ek sal self vir hom wys hoe baie hy moet swaarkry omdat Hy vir mense van My vertel.”
HANDELINGE 9:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My 'n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel. Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly.
HANDELINGE 9:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê die Here vir hom: “Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel. Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly.”
HANDELINGE 9:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die Here sê vir hom: “Gaan, want Ek het hom uitgekies as instrument om my Naam uit te dra na nasies en na konings en na Israel. Ek sal boonop aan hom toon hoeveel hy ter wille van my Naam moet ly. ”
HANDELINGE 9:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die Here het vir hom gesê: Gaan, want hy is vir My 'n uitverkore voorwerp om my Naam te dra voor die heidene en konings en die kinders van Israel. Want Ek sal hom wys hoe groot dinge hy moet ly ter wille van my Naam.
HANDELINGE 9:15-16 Die Boodskap (DB)
Die Here antwoord Ananias: “Doen wat Ek vir jou sê. Gaan dadelik na Saulus toe. Ek het hom uitgekies vir ’n baie besondere opdrag. Hy gaan nog met baie belangrike mense oor My praat, en ook met die Jode en met mense wat aan ander volke behoort. Daar lê ’n moeilike taak vir hom voor. Saulus gaan nog baie swaarkry omdat hy oor My moet praat. Ek sal dit een van die dae vir hom wys.”