KOLOSSENSE 1:19-20
KOLOSSENSE 1:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want God het dit goedgevind om die hele volheid in Hom te laat woon, en om deur Hom alles, ja, alles op aarde en in die hemel, met Homself te versoen, deurdat Hy vrede gebring het deur sy bloed aan die kruis.
KOLOSSENSE 1:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Hy, die Seun, is God en Hy kan doen soos God doen, omdat God besluit het om in die Seun te woon. Die Seun het aan die kruis gesterf, en so het God vrede gebring. So het God almal se sonde weggeneem, almal op die aarde en almal in die hemel. God het dit gedoen sodat alles reg kan wees tussen God en hulle.
KOLOSSENSE 1:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis — ek sê deur Hom — die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
KOLOSSENSE 1:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.
KOLOSSENSE 1:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want dit het die Vader behaag dat die hele volheid in Hom sou woon; En nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis, deur Hom alles met Homself te versoen; deur Hom, sê ek, of dit dinge op die aarde of dinge in die hemel is.
KOLOSSENSE 1:19-20 Die Boodskap (DB)
God het mos self besluit om volledig by sy Seun te wees. Hy het daarvoor gesorg dat alles in die skepping weer in die regte verhouding met Hom gestel word. Hy is mos die doel waarom alles geskep is. Dit het Hy gedoen deur die onderlinge verhoudings in die skepping weer reg te stel, of dit nou op die aarde of in die hemel is. Dit het nie sommerso gebeur nie. Dit was duur. Dit het Hom sy bloed gekos wat aan die kruis geloop het.
KOLOSSENSE 1:19-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God het dit goedgedink om met sy volle Goddelikheid in die Seun te woon, en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy vrede gemaak. Ja, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.