DANIËL 5:25-28
DANIËL 5:25-28 Die Boodskap (DB)
Daar staan geskryf: Getel, getel, geweeg, verdeel. Dit is wat dit beteken: Getel beteken dat God u regeringstyd se dae getel het en nou ’n einde daaraan gaan maak. Geweeg sê dat u op God se skaal geweeg is en te lig bevind is omdat u nie doen wat Hy sê nie. Verdeel beteken dat u koninkryk tussen die Mediërs en die Perse verdeel gaan word.”
DANIËL 5:25-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Daar staan geskryf: ‘Mene, mene, tekel, ufarsin.’ Dit beteken: “‘Mene’ – God het die aantal dae van u koninkryk afgetel en bring dit nou tot ’n einde. “‘Tekel’ – u is op die skaal geweeg en te lig gevind. “‘Peres’ – u koninkryk word verdeel en vir die Mede en Perse gegee.”
DANIËL 5:25-28 Bybel vir almal (ABA)
“Dit is die woorde wat op die muur geskryf is: ‘Mene, mene, tekel ufarsin.’ Mene beteken: God het gekyk of jy 'n goeie koning is, en Hy het besluit jy sal nie meer koning wees nie. Tekel beteken: God het jou getoets en gesien jy is nie goed om 'n koning te wees nie. Ufarsin beteken: God sal jou land vir ander volke gee, vir die mense van Medië en Persië.”
DANIËL 5:25-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is die skrif wat geskrywe is: Mené, mené, tekél ufarsín. Dit is die uitleg van die woord: Mené — God het u koningskap getel en daar 'n einde aan gemaak; tekél — u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind; perés — u koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee.
DANIËL 5:25-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dit is die woorde wat geskrywe is: ‘Getel, getel, geweeg en verdeel.’ En dit is die betekenis van die woorde: ‘Getel’: God het die jare van u koningskap getel en 'n einde daaraan gemaak. ‘Geweeg’: u is geweeg en te lig bevind. ‘Verdeel’: u koninkryk is verdeel en aan die Mediërs en die Perse gegee.”
DANIËL 5:25-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is dan die skrif wat geskryf is: Mene, mene, tekel ufarsin . Dít is die uitleg van die woorde: Mene – God het die jare van u koningskap getel en dit beëindig. Tekel – u is op die skaal geweeg en te lig bevind. Peres – u koninkryk is verdeel en is aan die Mede en Perse gegee.”
DANIËL 5:25-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is die skrif wat geskrywe is: MENE, MENE, TEKEL, UPHARSIN. Dit is die uitlegging van die saak: MENE; God het u koninkryk getel en dit voltooi. TEKEL; U is op die weegskaal geweeg, en te min bevind. PERES; U koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee.