DEUTERONOMIUM 11:13-14
DEUTERONOMIUM 11:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: ‘Ek wil hê julle moet doen wat my wette sê, die wette wat Ek vandag vir julle gee. Julle moet lief wees vir My, julle God die Here, julle moet My dien met julle hele hart. As julle dit doen, dan sal Ek die reën vir julle land gee op die regte tyd, vroeë reën en laat reën. Daar sal genoeg koring en wyn en olyf-olie wees om bymekaar te maak en te bêre
DEUTERONOMIUM 11:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel, dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.
DEUTERONOMIUM 11:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As julle al die gebooie wat ek julle vandag gee, stiptelik gehoorsaam en die Here julle God liefhet en dien met hart en siel, sal Hy vir julle land sy reën gee op die regte tyd, lente- en somerreëns, en julle sal koring, wyn en olie oes.
DEUTERONOMIUM 11:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ As julle goed luister na my gebooie wat ek vandag vir julle voorskryf, naamlik om die HERE julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en julle hele wese, dan sê die HERE, ‘Ek sal die reën van julle land op tyd gee, die vroeë en die laatreëns, sodat jy jou koring en jou •nuwe wyn en olie kan insamel.
DEUTERONOMIUM 11:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as julle nougeset luister na my gebooie wat ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel, dat Ek jou die reën van jou land sal gee op sy bestemde tyd, die eerste reëns en die laat reëns, dat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.
DEUTERONOMIUM 11:13-14 Die Boodskap (DB)
As julle na al die voorskrifte luister wat ek julle vandag gee, as julle die Here werklik liefhet en Hom met oorgawe dien, sal Hy altyd reën op die regte tyd stuur. Jy sal lente- sowel as somerreëns kry, sodat jy genoeg koring, wyn en olie sal hê.
DEUTERONOMIUM 11:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“As julle al die gebooie wat ek vandag vir julle gee, noukeurig gehoorsaam, en as julle die HERE julle God met hart en siel liefhet en Hom dien, sal Hy vir julle reën gee op die regte tyd sodat julle koring, druiwe vir wyn en olywe vir olie kan oes.