DEUTERONOMIUM 15:6
DEUTERONOMIUM 15:6 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer julle God die Here julle seën, soos Hy vir julle belowe het, dan sal julle vir die mense van baie volke geld kan leen, maar julle sal nie self geld moet leen nie, julle sal genoeg hê. Julle sal oor baie ander volke regeer, en hulle sal nie oor julle regeer nie.
DEUTERONOMIUM 15:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die HERE jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
DEUTERONOMIUM 15:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here jou God sal jou voorspoedig maak soos Hy beloof het, en jy sal aan baie nasies kan uitleen sonder dat jy self hoef te leen. Jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
DEUTERONOMIUM 15:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Wanneer die HERE jou God jou seën soos Hy jou beloof het, sal jy aan baie nasies uitleen, maar self sal jy nie leen nie. Jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
DEUTERONOMIUM 15:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die HERE jou God seën jou, soos Hy jou beloof het, en jy sal aan baie nasies leen, maar jy mag nie leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar hulle sal nie oor jou heers nie.