DEUTERONOMIUM 28:12
DEUTERONOMIUM 28:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here sal sy goeie voorraadskuur, die hemel, vir jou oopmaak om vir jou land reën te gee op die regte tyd, om alles wat jy doen, te seën. Dan sal jy aan baie nasies kan leen, maar self sal jy nie hoef te leen nie.
DEUTERONOMIUM 28:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE sal sy goeie skat, die hemel, vir jou oopmaak om op sy tyd vir jou land reën te gee en al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies leen, maar jy mag nie leen nie.
DEUTERONOMIUM 28:12 Die Boodskap (DB)
“Die Here sal vir julle reën gee elke keer as julle dit nodig het. Waar Hy bly, is daar baie skatte. En Hy sal sy skatte vir julle gee. Hy sal julle voorspoedig maak in alles wat julle doen. “Julle sal vir baie nasies leen, maar julle sal nie nodig hê om by enigiemand enigiets te leen nie.
DEUTERONOMIUM 28:12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE sal uit sy ryk voorraadskuur, die hemel, dit op die regte tyd laat reën om al die werk wat jy doen, te seën. Jy sal aan baie nasies uitleen, maar jy sal nooit nodig hê om van hulle te leen nie.
DEUTERONOMIUM 28:12 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sal sy stoorkamer oopmaak waar Hy die goeie dinge bêre, en Hy sal vir julle reën gee op die regte tyd sodat dit goed sal gaan met alles wat julle doen. Julle sal geld en goed kan leen vir mense van baie volke, maar julleself sal nie iets moet leen nie.