Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

DEUTERONOMIUM 3:24 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

DEUTERONOMIUM 3:24 AFR83 (Afrikaans 1983)

‘Here my God, U het begin om my u grootheid en u groot mag te laat ondervind. Watter god is daar, in die hemel of op die aarde, wat u magtige dade kan nadoen?

DEUTERONOMIUM 3:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Here, HERE! Ú het begin om u kneg u grootheid en u sterke hand te laat sien; want watter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U?

DEUTERONOMIUM 3:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

‘Ag, oppermagtige HERE, U het begin om u grootheid en krag aan u dienaar te wys. Is daar enige god in die hemel en op die aarde wat sulke groot dinge kan doen soos wat U doen?

DEUTERONOMIUM 3:24 DB (Die Boodskap)

‘Here, oor baie jare het U vir my u grootheid en krag laat sien. En dit was nog maar net die begin van wat U gaan doen. Geen god in die hemel of op die aarde kan sulke dinge doen nie.

DEUTERONOMIUM 3:24 ABA (Bybel vir almal)

‘Here, my Here, U het begin om my te laat sien hoe groot en sterk U is. Daar is nie 'n ander God in die hemel of op die aarde wat die groot dinge kan doen wat U doen nie.

DEUTERONOMIUM 3:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

‘ HERE, my Heer, U het pas begin om aan u dienskneg u grootheid en sterk hand te toon; want watter god is daar in die hemel of op die aarde wat u werke en u magtige dade kan nadoen?

DEUTERONOMIUM 3:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

O HERE HERE, U het begin om u kneg u grootheid en u magtige hand te toon; want watter God is daar in die hemel of op die aarde wat kan doen volgens u werke en volgens u krag?