DEUTERONOMIUM 7:6
DEUTERONOMIUM 7:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want jy is 'n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.
DEUTERONOMIUM 7:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want jy is 'n heilige volk vir die HERE jou God. Vir jou het die HERE jou God gekies uit al die volke op aarde om as volk sy persoonlike eiendom te wees.
DEUTERONOMIUM 7:6 Bybel vir almal (ABA)
Hoekom? Julle moet dit doen omdat julle die gewyde volk van julle God die Here is. Dit is vir júlle wat julle God die Here gekies het uit die al die volke op die aarde, Hy het júlle gekies om sy eie volk te wees.
DEUTERONOMIUM 7:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy is 'n volk wat vir die Here jou God afgesonder is. Vir jou het die Here jou God gekies om uit al die volke op die aarde sy eiendomsvolk te wees.
DEUTERONOMIUM 7:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want jy is 'n heilig volk aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om vir Hom 'n besondere volk te wees, bo al die volke wat op die aarde is.