PREDIKER 3:10-11
PREDIKER 3:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het gesien dat God aan die mens 'n taak gegee het om hom mee besig te hou. God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.
PREDIKER 3:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het nagedink oor die taak waarmee God die mens belas. Hy het alles mooi gemaak, Hy het aan die mens ’n visie gegee van die ewigheid. Tog kan mense nie die volle omvang van God se werk, van begin tot end, verstaan nie.
PREDIKER 3:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gesien dat God vir die mense werk gegee het om te doen. God het alles mooi gemaak toe Hy dit gemaak het. Hy het vir die mense geleer dat daar altyd tyd sal wees, maar die mense kan nie verstaan wat God alles gedoen het nie, van die begin tot die einde.
PREDIKER 3:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel. Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.
PREDIKER 3:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het die taak gesien wat God aan mense gegee het om hulle mee te belas. Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd. Hy het ook die besef van tydsduur in hulle harte gegee, sonder dat die mens enigsins die werk wat God van begin tot einde doen, kan peil.
PREDIKER 3:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het gesien hoe die moeite werd is wat God aan die mensekinders gegee het om daarin geoefen te word. Hy het alles mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die wêreld in hulle hart geplaas, sodat niemand die werk wat God maak, van die begin tot die einde kan uitvind nie.
PREDIKER 3:10-11 Die Boodskap (DB)
God het vir mense ’n baie moeilike werk gegee. Hulle moes probeer om God se werk te verstaan. God het alles mooi en op die regte tyd gemaak. Toe het Hy die mense iets laat verstaan van hoe sy soort tyd werk, maar die mense kon niks daarvan verstaan nie. Absoluut niks nie.