EFESIËRS 1:1-2
EFESIËRS 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, is 'n apostel van Christus Jesus omdat God dit wil hê. Ek skryf hierdie brief vir julle wat in die stad Efese woon, julle wat aan God behoort en in Christus Jesus glo. Ek bid dat God ons Vader en die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee.
EFESIËRS 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus!
EFESIËRS 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. Aan almal in Efese wat aan God behoort en in Christus Jesus glo. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
EFESIËRS 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus, 'n •apostel van •Christus Jesus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Efese is, die gelowiges in Christus Jesus: Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.
EFESIËRS 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en aan die gelowiges in Christus Jesus: Genade vir julle en vrede van God ons Vader en van die Here Jesus Christus.
EFESIËRS 1:1-2 Die Boodskap (DB)
Ek, Paulus, wat spesiaal deur Christus Jesus as sy boodskapper gestuur is omdat God dit so wou hê, het hierdie brief geskryf. Dit is bedoel vir God se mense in Efese, almal wat in Christus Jesus glo. Mag God, die Vader, en die Here Jesus Christus vir julle goed wees, ver meer as wat julle verdien. Mag Hulle vir julle vrede gee soos net Hulle kan.
EFESIËRS 1:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie brief kom van Paulus. Ek is deur God gekies om ’n apostel van Christus Jesus te wees. Ek skryf aan God se mense in Efese, hulle wat in Christus Jesus glo. Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees.