EFESIËRS 1:7-8
EFESIËRS 1:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Die bloed van Christus het gevloei, en Hy het gesterf. So het God ons vrygemaak en ons sondes vergewe. God was baie goed vir ons. Ja, Hy was baie baie goed vir ons. Hy het vir ons al die wysheid en die kennis gegee.
EFESIËRS 1:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand
EFESIËRS 1:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het.
EFESIËRS 1:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In Hom het ons die bevryding deur sy bloed, die vergewing van ons oortredings uit die rykdom van sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons geskenk het, saam met alle wysheid en insig.
EFESIËRS 1:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In wie ons die verlossing het deur sy bloed, die vergewing van sondes na die rykdom van sy genade; Waarin Hy oorvloedig is teenoor ons in alle wysheid en verstand
EFESIËRS 1:7-8 Die Boodskap (DB)
Dit was soos ’n handelstransaksie: omdat ons so sondig was, was ons God se vyande. Toe kom Jesus en betaal wat nodig is om weer alles tussen ons en God reg te maak. Dit het Hom wel sy lewe gekos, maar die vrede is herstel tussen God en almal wat aan Jesus se kant staan. Dat God so iets gedoen het sonder om te vra wat ons kan terugbetaal, wys net hoe geweldig goed Hy vir ons is. Daar is eenvoudig geen einde aan al sy goedheid vir ons nie. As jy wonder waarom God so goed is, kan ek maar net sê dat God weet wat Hy doen, ja, Hy weet alles.