EFESIËRS 3:19 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
EFESIËRS 3:19 AFR83 (Afrikaans 1983)
Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.
EFESIËRS 3:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.
EFESIËRS 3:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word.
EFESIËRS 3:19 DB (Die Boodskap)
Mag God julle lewens met sy teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie ’n stukkie van julle lewens is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie.
EFESIËRS 3:19 ABA (Bybel vir almal)
Julle kan seker wees dat Christus lief is vir julle, baie meer as wat julle besef. Dan sal julle presies wees soos God wil hê julle moet wees.
EFESIËRS 3:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
ja, om die liefde van Christus te leer ken, wat alle begrip te bowe gaan, sodat julle gevul mag word met al die volheid van God.
EFESIËRS 3:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En om die liefde van Christus te ken, wat die kennis te bowe gaan, sodat julle vervul kan word met al die volheid van God.