EFESIËRS 4:28
EFESIËRS 4:28 Bybel vir almal (ABA)
Die mense wat steel, moet ophou steel. Hulle moet self hard werk sodat hulle geld kan kry en ook vir die mense kan help wat baie min het.
EFESIËRS 4:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.
EFESIËRS 4:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
As iemand 'n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op 'n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee.
EFESIËRS 4:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die een wat nog steel, moet nie meer steel nie; hy moet eerder werk deur met sy eie hande te doen wat goed is, sodat hy iets het om vir die behoeftige te gee.
EFESIËRS 4:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat hom wat gesteel het, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy aan die een wat nodig het, kan gee.
EFESIËRS 4:28 Die Boodskap (DB)
As iemand ’n lewe gemaak het deur ander mense se goed te vat, moet hy dadelik daarmee ophou. Hy moet vir hom ’n behoorlike werk kry en sy brood eerlik verdien. Hy sal dan nie net vir homself kan sorg nie, maar ook nog genoeg oorhê om vir mense wat niks het nie, iets te gee.