EKSODUS 14:31
EKSODUS 14:31 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het gesien dat die Here kan doen wat Hy wil doen. Hy het die Egiptenaars doodgemaak. Die Israeliete het bang geword vir die Here en hulle het Hom gerespekteer. Hulle het geglo in die Here en in sy dienaar Moses.
EKSODUS 14:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook het Israel die magtige daad gesien wat die HERE aan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk die HERE gevrees en geglo in die HERE en aan Moses, sy kneg.
EKSODUS 14:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Israel sien hoe kragtig die Here teen Egipte opgetree het, is hulle met ontsag vir Hom vervul. Hulle het in die Here geglo en ook in Moses, sy dienaar.
EKSODUS 14:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Israel die magtige daad sien wat die HERE teen Egipte gedoen het, het die volk vir die HERE ontsag gehad en hulle vertroue in die HERE en in sy dienskneg, Moses, gestel.
EKSODUS 14:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Israel het daardie groot werk gesien wat die HERE aan die Egiptenaars gedoen het, en die volk het die HERE gevrees en die HERE en sy kneg Moses geglo.