EKSODUS 20:1-3 - Compare All Versions

EKSODUS 20:1-3 ABA (Bybel vir almal)

God het gesê: “Ek is jou God die Here. Ek het jou uit Egipte gebring, uit die plek waar jy 'n slaaf was. “Jy mag nie ander gode aanbid nie. Ek is die enigste God.

EKSODUS 20:1-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê: Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

EKSODUS 20:1-3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. Jy mag naas My geen ander gode hê nie.

EKSODUS 20:1-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe het God al hierdie woorde gespreek: “ Ek is die HERE jou God, wat jou uit Egipteland, uit die plek van slawerny, uitgelei het. Jy mag naas My nie ander gode hê nie.

EKSODUS 20:1-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En God het al hierdie woorde gespreek en gesê: Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

EKSODUS 20:1-3 DB (Die Boodskap)

Die Here het die volgende reëls vir sy ooreenkoms met die volk gegee: “Ek is die Here. Ek is jou God. Ek het jou uit Egipte bevry waar jy slawewerk gedoen het. Net Ek mag jou God wees. Jy mag nie ander gode hê nie.

EKSODUS 20:1-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

God het al die volgende voorskrifte gegee: “Ek is die HERE jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy ’n slaaf was. “Jy mag nie nog ander gode buiten My aanbid nie.