EKSODUS 21:19-36
EKSODUS 21:19-36 Bybel vir almal (ABA)
en later kan opstaan en buite kan rondloop met sy kierie, dan moet julle nie die man doodmaak wat geslaan het nie. Maar hy moet betaal vir die een wat seergekry het, en hy moet ook vir hom sorg totdat hy heeltemal gesond is. “Wanneer iemand sy slaaf of slavin met 'n stok slaan en die slaaf sterf dadelik, dan moet julle die eienaar straf. As die slaaf 'n dag of twee dae daarna nog lewe, dan moet julle nie die eienaar doodmaak nie, want die slaaf behoort aan hom. “Wanneer mans baklei en een van hulle stamp 'n swanger vrou sodat haar baba dood is, maar die vrou is nie ernstig beseer nie, dan moet die man wat haar gestamp het, boete betaal. Hy moet betaal wat die vrou se man vra en wat die hof sê. Maar as die vrou baie seer gekry het, dan moet julle die man op dieselfde manier straf – as sy sterf, dan moet julle hom ook doodmaak. Julle moet dieselfde aan die man doen wat hy aan die vrou gedoen het: sy oog vir 'n oog, sy tand vir 'n tand, sy hand vir 'n hand, sy voet vir 'n voet, 'n brandplek vir 'n brandplek, 'n seerplek vir 'n seerplek, 'n kneusplek vir 'n kneusplek. “Wanneer iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan, en die oog word blind, dan moet hy die slaaf vry laat weggaan om te betaal vir sy oog. En wanneer hy sy slaaf of slavin se tand uitslaan, dan moet hy hom vry laat weggaan om te betaal vir sy tand.” “Wanneer 'n bees 'n man of 'n vrou doodstoot, dan moet julle die bees doodgooi met klippe, en julle mag nie sy vleis eet nie. Die bees se eienaar is onskuldig. Miskien het die bees al voorheen mense gestoot, en julle het sy eienaar gewaarsku, maar hy pas nie die bees op nie. As die bees dan 'n man of 'n vrou doodmaak, dan moet julle die bees doodgooi met klippe. Julle moet ook sy eienaar doodmaak. As julle besluit dat die eienaar net 'n boete moet betaal, dan moet hy die boete betaal wat julle sê. Dan mag hy lewe. As die bees 'n seun of 'n dogter doodstoot, dan moet julle die eienaar ook so straf. As die bees 'n slaaf of slavin doodstoot, dan moet die bees se eienaar 30 stukke silwer betaal aan die slaaf se eienaar. Julle moet ook die bees doodgooi met klippe.” “Partymaal maak iemand 'n put oop, of hy grawe 'n put en hy maak dit nie toe nie. Wanneer 'n bees of 'n donkie daarin val, dan moet die man wat die put gegrawe het, betaal. Hy moet die geld vir die eienaar van die dier gee en hy mag dan die dooie dier neem.” “Wanneer iemand se bees 'n ander man se bees doodstoot, dan moet julle die lewendige bees verkoop en die geld verdeel tussen die twee eienaars. Julle moet ook die dooie bees se vleis verdeel. As die bees al voorheen met ander beeste baklei het, en sy eienaar het hom nie opgepas nie, dan moet die eienaar 'n ander bees gee. Hy mag dan die dooie bees neem.”
EKSODUS 21:19-36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
as hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy wat geslaan het, ongestraf bly; net sy tydverlies moet hy vergoed en sorg dat hy heeltemal gesond word. En as iemand sy slaaf of slavin met 'n stok slaan, dat dié onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik gewreek word. Maar as hy ná een of twee dae nog lewe, moet dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom. En as manne met mekaar veg en 'n swanger vrou so stamp dat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur skeidsregters gee. Maar is daar 'n letsel, dan moet jy gee lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet, brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek. En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry laat weggaan vir sy oog. En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy tand. En as 'n bees 'n man of 'n vrou stoot, sodat hy sterwe, moet die bees sekerlik gestenig word; en sy vleis mag nie geëet word nie, maar die baas van die bees sal ongestraf bly. Maar as die bees tevore al stoterig gewees het en sy baas gewaarsku was, maar dit nie opgepas het nie, en dit 'n man of 'n vrou doodmaak, moet die bees gestenig word, en sy baas moet ook gedood word. As aan hom losgeld opgelê word, moet hy vir die lossing van sy lewe alles gee wat hom opgelê word. Of dit 'n seun gestoot het of 'n dogter, volgens hierdie reg moet met hom gehandel word. As die bees 'n slaaf of slavin stoot, moet hy aan hulle heer dertig sikkels silwer gee, en die bees moet gestenig word. En as iemand 'n put oopmaak, of as iemand 'n put grawe en dit nie toemaak nie, en 'n bees of esel val daarin, moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy moet aan die eienaar van die dier geld gee, maar die dooie dier moet syne wees. En as iemand se bees die bees van 'n ander stoot, sodat dit sterwe, moet hulle die lewendige bees verkoop en die geld daarvan verdeel; en die dooie een moet hulle ook verdeel. Of as dit bekend was dat die bees tevore al stoterig gewees het, en sy baas dit nie opgepas het nie, moet hy ten volle bees vir bees vergoed; maar die dooie een moet syne wees.
EKSODUS 21:18-36 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wanneer mans aan die stry raak en die een slaan die ander met 'n klip of met die vuis sonder om hom dood te slaan, moet die slaner nie gestraf word nie. As die man wat geslaan is, egter in die bed moet bly en eers later kan opstaan en met 'n kierie buite kan rondloop, moet die slaner hom vergoed vir die tyd wat hy nie kan werk nie en vir hom sorg tot hy behoorlik gesond is. “Wanneer 'n man sy slaaf of slavin met 'n stok slaan dat hy of sy onmiddellik doodgaan, moet dit gewreek word. As so 'n slaaf dit vir 'n dag of twee oorleef, is daar nie 'n saak nie, want die slaaf is die man se eiendom. “Wanneer mans met mekaar baklei en hulle 'n swanger vrou omstamp, sodat sy 'n miskraam het maar nie blywend beseer is nie, moet hy wat haar gestamp het, onderhewig aan die goedkeuring van die regbank, die boete betaal wat die eggenoot van die vrou hom oplê. As sy blywend beseer is, is die straf: 'n lewe vir 'n lewe, 'n oog vir 'n oog, 'n tand vir 'n tand, 'n hand vir 'n hand, 'n voet vir 'n voet, 'n brandwond vir 'n brandwond, 'n wond vir 'n wond en 'n kneusplek vir 'n kneusplek. “Wanneer 'n man sy slaaf of slavin op die oog slaan en dit blywend beskadig, moet hy die slaaf of slavin vrylaat as vergoeding vir die oog. As hy sy slaaf of slavin se tand uitslaan, moet hy die slaaf of slavin vrylaat as vergoeding vir die tand. “Wanneer 'n bees 'n man of 'n vrou doodstoot, moet die bees met klippe doodgegooi word, en sy vleis mag nie geëet word nie. Daar is nie 'n saak teen die eienaar van die bees nie. As die bees tevore al stoterig was, en die eienaar se aandag daarop gevestig is, maar hy dit nogtans nie behoorlik oppas nie, sodat dit die dood van 'n man of 'n vrou veroorsaak, moet die bees met klippe doodgegooi word. Die eienaar van die bees moet ook doodgemaak word. As hy egter loskoopgeld moet betaal, moet hy alles wat hom opgelê is, betaal as afkoopgeld vir sy lewe. As 'n bees 'n seun of 'n dogter stoot, moet volgens dieselfde regsbeginsel gehandel word. As 'n bees 'n slaaf of 'n slavin doodstoot, moet drie honderd en veertig gram silwer aan die eienaar betaal word, en die bees moet met klippe doodgegooi word. “Wanneer 'n man 'n put oop laat of wanneer hy 'n put grawe en dit nie behoorlik toemaak nie, en 'n bees of 'n donkie val daarin, moet die eienaar van die put vir die verlies vergoed; hy moet die eienaar van die dier uitbetaal en die dooie dier kan hy vat. “Wanneer 'n man se bees iemand anders se bees doodstoot, moet hulle die lewende bees verkoop en die geld gelykop onder mekaar verdeel; ook die dooie dier moet gelykop verdeel word. Of as dit bekend is dat die bees tevore al bakleierig was, maar sy eienaar dit nie behoorlik opgepas het nie, moet hy 'n ander bees in die plek van die dooie bees gee. Die dooie dier sal syne wees.”
EKSODUS 21:19-36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sal die een wat geslaan het, vry wees as die man opstaan en met sy kierie buite rondloop. Hy moet hom net vergoed vir die tyd wat hy sonder verdienste was. Hy moet toesien dat hy ten volle herstel. Wanneer iemand sy slaaf of slavin met 'n stok só slaan dat hy onder sy hand sterf, moet dit beslis gewreek word. Maar as hy 'n dag of twee oorleef, moet dit nie gewreek word nie, want die slaaf is met sy geld gekoop. Wanneer mans baklei en hulle beseer 'n swanger vrou, sodat haar kind te vroeg gebore word, maar daar nie 'n ernstige besering is nie, moet die een wat haar beseer het, beslis die boete betaal wat die vrou se eggenoot hom oplê. Hy moet dit vasstel met die hulp van beregters. Maar as daar 'n ernstige besering is, moet jy bepaal: 'n lewe vir 'n lewe, 'n oog vir 'n oog, 'n tand vir 'n tand, 'n hand vir 'n hand, 'n voet vir 'n voet, 'n brandwond vir 'n brandwond, 'n wond vir 'n wond, 'n kneusplek vir 'n kneusplek. Wanneer iemand die oog van sy slaaf of slavin raakslaan en hy sy oog verloor, moet hy die persoon as 'n vrygelate wegstuur as vergoeding vir die oog. As iemand die tand van sy slaaf of slavin uitslaan, moet hy die persoon as 'n vrygelate wegstuur as vergoeding vir die tand. “Wanneer 'n bees 'n man of 'n vrou stoot, sodat die persoon sterf, moet die bees beslis gestenig word. Sy vleis mag nie geëet word nie, maar die eienaar van die bees is onskuldig. As die bees egter voorheen al stoterig was, en sy eienaar gewaarsku is, maar hy dit nie opgepas het nie, en die bees maak dan 'n man of vrou dood, moet die bees gestenig word, en ook sy eienaar moet sterf. As hy 'n losprys opgelê word, moet hy die afkoopprys vir sy lewe gee, soveel as wat hom opgelê word. Ook wanneer die bees 'n seun of 'n dogter stoot, moet daar ooreenkomstig hierdie bepaling teenoor die eienaar opgetree word. As dit 'n slaaf of slavin is wat deur die bees gedood is, moet daar dertig sikkel silwer vir hulle eienaar gegee word, en die bees moet gestenig word. Wanneer iemand 'n opgaarput oop laat, of iemand 'n opgaarput uitkap en dit nie bedek nie, en 'n bees of 'n donkie val daarin, moet die eienaar van die opgaarput vergoeding betaal. Hy moet vir die eienaar geld gee, en die dooie dier sal dan aan hom behoort. Wanneer iemand se bees sy medemens se bees stoot, en hy vrek, moet hulle die bees wat nog leef, verkoop en die geld deel. Ook die dooie bees moet hulle deel. Maar as dit bekend is dat die bees voorheen al bakleierig was, en sy eienaar hom nie opgepas het nie, moet hy beslis 'n bees gee as vergoeding vir die bees. Die dooie dier sal dan aan hom behoort.
EKSODUS 21:19-36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As hy weer opstaan en op sy staf wandel, sal hy wat hom geslaan het, vrygespreek word; net hy sal vir die verlies van sy tyd betaal en hom volkome genees. En as iemand sy dienskneg of sy slavin met 'n staf slaan, en hy sterf onder sy hand; hy sal sekerlik gestraf word. Maar as hy 'n dag of twee aanhou, sal hy nie gestraf word nie, want hy is sy geld. As mans twis en 'n swanger vrou leed aandoen, sodat haar vrugte van haar wyk, en tog volg geen onheil nie: hy sal sekerlik gestraf word soos die man van die vrou hom oplê; en hy sal betaal soos die regters bepaal. En as daar enige onheil volg, dan moet jy lewe gee vir die lewe, Oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet, Brand vir brand, wond vir wond, streep vir streep. En as iemand die oog van sy dienskneg of die oog van sy slavin slaan, dat dit vergaan; hy moet hom vry laat gaan ter wille van sy oog. En as hy sy dienskneg se tand of sy diensmaagd se tand uitslaan; hy moet hom vry laat gaan ter wille van sy tand. As 'n bees 'n man of 'n vrou verskeur, sodat hulle sterwe, dan moet die bees sekerlik gestenig word, en sy vleis mag nie geëet word nie; maar die eienaar van die bees sal vrygelaat word. Maar as die bees vroeër met sy horing stoot, en dit is aan sy eienaar getuig, en hy het hom nie ingehou nie, maar dat hy 'n man of 'n vrou doodgemaak het; die bees moet gestenig word, en ook sy eienaar moet gedood word. As daar 'n som geld op hom opgelê word, moet hy alles wat op hom opgelê word, gee as die losprys van sy lewe. Of hy 'n seun of 'n dogter getref het, volgens hierdie oordeel moet dit aan hom gedoen word. As die os 'n slaaf of 'n diensmaagd stoot; hy moet aan hulle heer dertig sikkels silwer gee, en die os moet gestenig word. En as iemand 'n put oopmaak, of as iemand 'n put grawe en dit nie toemaak nie, en 'n bees of 'n esel val daarin; Die eienaar van die put moet dit goedmaak en aan die eienaar daarvan geld gee; en die dooie dier sal syne wees. En as 'n mens se bees 'n ander s'n beskadig, sterf hy; dan moet hulle die lewende os verkoop en die geld daarvan verdeel; en ook die dooie os moet hulle verdeel. Of as dit bekend is dat die bees in die verlede gedruk het en sy eienaar hom nie ingehou het nie; hy moet sekerlik os vir os betaal; en die dooies sal sy eie wees.
EKSODUS 21:18-36 Die Boodskap (DB)
“As twee mans aan die baklei raak, kan dit gebeur dat die een die ander een met ’n klip of met sy vuis slaan sodat hy in die bed beland. Dit kan gebeur dat hy nie daarvan doodgaan nie, maar met ’n kruk moet loop as hy weer regkom. As dit gebeur, moet die persoon wat hom geslaan het hom vergoed vir die tyd wat hy siek was en vir hom sorg tot hy weer gesond is. As iemand sy manlike of vroulike werker so met ’n stok slaan dat die slaaf doodgaan, moet daardie persoon gestraf word. As die slaaf dit oorleef en nie binne ’n dag of twee doodgaan nie, is dit in orde. Die man besit tog immers die slaaf.” “Twee mans kan miskien met mekaar baklei. Terwyl hulle veg, kan een van hulle teen ’n vrou stamp wat swanger is sodat sy daardeur haar baba verloor. Die man wat haar die baba laat verloor het, moet dan skadevergoeding betaal. Haar man sal ’n eis instel. Daar moet dan onderhandel word oor die bedrag wat betaal moet word. As hy skade veroorsaak het wat vir altyd sal bly, moet hy daarvoor baie geld betaal. As sy doodgaan, sal hy met sy eie lewe moet betaal. ’n Oog se skade moet met ’n oog goed gemaak word. As daar ’n tand uit is, moet hy een van sy tande laat uithaal. ’n Hand se skade moet met ’n hand betaal word, ’n voet met ’n voet, ’n brandplek met ’n brandplek, ’n wond met ’n wond en ’n kneusplek met ’n kneusplek. As ’n eienaar sy slaaf of slavin op die oog slaan en die slaaf kan nie meer met daardie oog sien nie, moet die eienaar die slaaf laat vry gaan om die skade van die oog goed te maak. Ook net so wanneer hy sy manlike of vroulike slaaf se tand uitslaan, moet hy daardie persoon vrylaat om so vir die tand te vergoed.” “As ’n bul toevallig ’n man of ’n vrou met sy horings doodstoot, moet die bul dadelik met klippe doodgegooi word. Sy vleis mag egter nie geëet word nie. Die eienaar van die bul hoef ook niks verder te betaal nie. As daar egter al vantevore vir die eienaar gesê is dat sy bul sulke neigings het en hy niks daaraan gedoen het nie, moet hy saam met die bul doodgegooi word wanneer die bul ’n man of ’n vrou se dood veroorsaak. As dit miskien kan gebeur dat die familie bereid is om geld vir hulle familielid se dood te vat, kan hy bly lewe, maar hy moet die volle bedrag aan hulle betaal. Selfs al het die bul ’n seun of ’n dogter doodgestoot, bly dit nog presies dieselfde. Indien die bul ’n manlike of vroulike slaaf doodgemaak het, moet die eienaar van die slaaf 40 gram silwer kry. Die bul moet in elk geval nog met klippe doodgegooi word. “As iemand ’n put vir water grawe en hy sit nie ’n deksel daarop nie, of hy los die put oop en ’n bees of ’n donkie val daarin, moet die man wat die put gegrawe het vir die eienaar van die dier skadevergoeding betaal. Nadat hy hom betaal het, mag hy egter die karkas van die dier hou.” “As iemand se bul iemand anders se bul doodmaak, moet die lewendige bul verkoop word. Die geld moet dan tussen die twee eienaars verdeel word. Hulle moet ook die karkas van die dooie bul tussen mekaar verdeel. As almal egter geweet het dat dit ’n bakleierige bul was en sy eienaar het niks daaraan gedoen nie, moet hy die eienaar van die dooie bul vir die hele bul vergoed. Hy mag die dooie bul vir homself vat.”
EKSODUS 21:19-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As die beseerde persoon weer later kan opstaan en buite met ’n kruk rondloop, is die persoon wat hom aangeval het, onskuldig. Die persoon wat hom geslaan het, moet egter vergoed vir die tyd wat hy nie kon werk nie en vir hom sorg tot hy weer gesond is. “As iemand sy manlike of vroulike slaaf so met ’n stok slaan dat die persoon daarvan doodgaan, moet die persoon gestraf word. As die slaaf na ’n dag of twee weer op die been is, hoef die eienaar nie gestraf te word nie. Die slaaf is tog die eienaar se eiendom. “As mans met mekaar baklei, kan dit gebeur dat hulle in die proses ’n vrou wat swanger is, omstamp. Sy kan haar baba verloor, maar nie self permanent beseer word nie. Die persoon wat dit veroorsaak het, moet haar man daarvoor vergoed volgens die bepaling van die regters. As daar permanente skade is, moet hy in ooreenstemming met die skade gestraf word. As sy dood is, moet hy self doodgemaak word. ’n Oog wat beseer is, moet met ’n oog se skade vergoed word. As ’n tand verloor is, moet iemand se eie tand uitgeslaan word. ’n Hand se skade moet met ’n hand vergoed word, ’n voet vir ’n voet, ’n brandplek vir ’n brandplek, ’n wond vir ’n wond en ’n kneusplek vir ’n kneusplek. “As ’n eienaar sy manlike of vroulike slaaf op die oog slaan en die oog word blind, moet die slaaf daarvoor vrygelaat word. As ’n eienaar sy manlike of vroulike slaaf se tand uitslaan, moet die persoon vrygelaat word om daarvoor te vergoed. “Wanneer ’n bees ’n man of vrou doodstoot, moet dit met klippe doodgegooi word. Sy vleis mag nie geëet word nie. Die eienaar van die bees hoef niks verder te betaal nie. As dit al vantevore mense probeer doodstoot het, maar die eienaar het niks daaraan gedoen nie, moet die eienaar saam met die bees doodgegooi word. Dit kan gebeur dat die familie van die persoon wat dood is, bereid is om vergoeding te aanvaar. Die eienaar mag dan die volle som betaal wat van hom geëis word. “Dieselfde beginsel is van krag as ’n bees ’n seun of dogter doodstoot. As die bees egter ’n manlike of vroulike slaaf doodmaak, moet die eienaar van die bees aan die eienaar van die slaaf 30 geldstukke betaal. “Dit kan gebeur dat iemand ’n put grawe en dit oop los en dan val ’n bees of ’n donkie daarin. Die eienaar van die put moet die eienaar van die dier ten volle vergoed. Hy kan egter die karkas van die dooie dier vir homself hou. “As iemand se bees sy buurman se bees doodmaak, moet hulle die bees wat bly leef het, verkoop. Hulle moet die geld tussen mekaar verdeel. Hulle moet ook die karkas van die dooie dier onder mekaar verdeel. As dit egter al vantevore bekend was dat die bees stoterig was en sy eienaar het dit nie onder beheer gehou nie, moet hy die eienaar van die dooie dier ten volle vergoed. Hy mag die karkas egter vir homself hou.”