EKSODUS 23:16
EKSODUS 23:16 Bybel vir almal (ABA)
“Julle moet ook 'n Oesfees vier wanneer julle die ryp koring begin afsny. Die derde fees is die fees aan die einde van die jaar, wanneer julle klaar gewerk het en die tyd verby is wanneer julle die koring afsny.
EKSODUS 23:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.
EKSODUS 23:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Die fees van die oes moet gevier word met die eerste opbrengs van wat jy op die land saai. “Die fees van die insameling moet gevier word aan die einde van die jaar wanneer jy die vrug van jou arbeid ingesamel het op die lande.
EKSODUS 23:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Onderhou ook die Fees van die Oes met die eerste vrugte van jou arbeid, met dit wat jy in die land gesaai het. Onderhou ook die Fees van die Insameling aan die einde van die jaar wanneer jy die vrug van jou arbeid op die lande insamel.
EKSODUS 23:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die fees van die oes, die eerstelinge van jou arbeid wat jy op die land gesaai het, en die fees van die insameling wat aan die einde van die jaar is, wanneer jy jou arbeid uit die land insamel.