EKSODUS 29:25 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
EKSODUS 29:25 AFR83 (Afrikaans 1983)
Vat dit dan uit hulle hande en verbrand dit op die altaar as 'n brandoffer, 'n vuuroffer wat Ek met graagte aanvaar.
EKSODUS 29:25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.
EKSODUS 29:25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Vat dit daarna weer by hulle en verbrand dit op die altaar. Dit is ’n brandoffer wat vir die HERE aanneemlik is.
EKSODUS 29:25 DB (Die Boodskap)
Vat dit weer uit hulle hande uit en verbrand alles op die altaar saam met die offer van die eerste ram. Dit is ’n offer wat met vuur vir die Here verbrand word. Hy hou baie daarvan.”
EKSODUS 29:25 ABA (Bybel vir almal)
Neem dit dan uit hulle hande en verbrand dit op die altaar saam met die brand-offer. Dit is 'n vuur-offer, Ek hou daarvan.”
EKSODUS 29:25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan moet jy dit van hulle hande neem en op die altaar verbrand bo-op die brandoffer as 'n geurige offer voor die HERE. Dit is 'n offergawe aan die HERE.
EKSODUS 29:25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy moet dit uit hulle hande aanneem en dit op die altaar aan die brand steek as brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE; dit is 'n vuuroffer aan die HERE.