EKSODUS 39:1-31

EKSODUS 39:1-31 Bybel vir almal (ABA)

Besaleël en die kleremakers het die gewyde klere vir Aäron gemaak soos die Here vir Moses gesê het. Hulle het die klere van blou, pers en rooi wol-materiaal gemaak. Aäron het dit gedra wanneer hy in die tempel gewerk het. Die kleremakers het die skouer-kleed gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hulle het goud plat geslaan en hulle het dun drade daarvan gesny. Hulle het met hierdie goue drade geborduur op die blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal. Hulle het die voorste en agterste stukke van die skouer-kleed aan mekaar vasgemaak met twee skouerbande. Hulle het die belt gemaak wat by die skouer-kleed gepas het, hulle het dit van dieselfde materiaal gemaak. Hulle het dit gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal, soos die Here vir Moses gesê het. Hulle het oniks reggemaak en hulle het die edelstene vasgesit in goud. Hulle het die name van Jakob se twaalf seuns op die edelstene geskryf soos 'n mens op 'n ring skryf. Hulle het die oniks vasgesit aan die skouerbande van die skouer-kleed. Die edelstene het die Here laat dink aan die twaalf stamme van Israel. Hulle het alles gedoen soos die Here vir Moses gesê het. Die kleremakers het 'n borssak gemaak op dieselfde manier as die skouer-kleed. Hulle het goud gebruik, en ook blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal. Die borssak was vierkantig en dubbel gevou. Dit was 'n span lank en 'n span breed. Hulle het vier rye edelstene op die borssak vasgesit: In die eerste ry was daar 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag. In die tweede ry was daar 'n turkoois, 'n saffier en 'n jaspis. In die derde ry was daar 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis. In die vierde ry was daar 'n chrisoliet, 'n oniks en 'n opaal. Hulle het die edelstene vasgesit in goud. Daar was twaalf edelstene, een edelsteen vir elke seun van Jakob. Dit was ook die name van die twaalf stamme van Israel. Hulle het op elke edelsteen een van die name geskryf, soos 'n mens 'n naam op 'n ring skryf. Die kleremakers het kettinkies van skoon goud vir die borssak gemaak, en hulle het die kettinkies gedraai soos 'n tou. Hulle het twee kassies van goud gemaak en twee goue ringe. Hulle het die ringe vasgesit aan die twee boonste hoeke van die borssak. Hulle het die twee goue kettinkies aan hierdie twee ringe vasgesit. Hulle het die ander twee punte van die kettinkies vasgesit aan die twee kassies, en hulle het dit vasgewerk aan die skouerbande, aan die voorkant van die skouer-kleed. Hulle het ook twee goue ringe gemaak en hulle het dit vasgewerk aan die onderste twee hoeke van die borssak, aan die binnekant van die skouer-kleed. Die kleremakers het ook twee ander goue ringe gemaak en hulle het dit vasgesit voor aan die twee skouerbande van die skouer-kleed, net bokant die belt. Hulle het toe 'n blou woldraad geneem en hulle het die ringe van die borssak vasgebind aan die ringe van die skouer-kleed. Dit was bokant die belt van die skouer-kleed, sodat die borssak vas was aan die skouer-kleed. Hulle het alles gedoen soos die Here vir Moses gesê het. Die kleremakers het die oorkleed vir die skouer-kleed gemaak van een stuk blou wol-materiaal. In die middel was daar 'n gat en daar was 'n sterk rand rondom die gat sodat dit nie kon skeur nie. Hulle het granate gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal. Hulle het die granate vasgewerk op die soom van die oorkleed. Hulle het klokkies van skoon goud gemaak en hulle het die klokkies vasgewerk tussen die granate. Daar was 'n klokkie langs elke granaat op die soom van die oorkleed. Die priester moes dit dra wanneer hy in die tempel werk. Hulle het dit gedoen soos die Here vir Moses gesê het. Die kleremakers het vir Aäron en sy seuns rokke gemaak van linne-materiaal. Hulle het die tulband en kopdoeke gemaak van linne-materiaal en ook die broeke van goeie linne-materiaal. Die kleremakers het die skouer-serp gemaak van goeie linne-materiaal en van blou, pers en rooi wol-materiaal, soos die Here vir Moses gesê het. Hulle het 'n blom van skoon goud gemaak vir die tulband, en daarop geskryf soos 'n mens op 'n ring skryf: “ Gewy aan die Here.” Hulle het die blom met 'n blou woldraad aan die tulband vasgemaak. Hulle het dit gedoen soos die Here vir Moses gesê het.

EKSODUS 39:1-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

HULLE het ook kunstige klere van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die heiligdom te dien. Ook het hulle die heilige klere vir Aäron gemaak soos die HERE Moses beveel het. En hy het die skouerkleed gemaak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. En hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne — 'n kunstige werk. Hulle het daar skouerstukke aan gemaak wat aan mekaar vas was; aan die twee bo-ente was dit saamgevoeg. En die band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos die HERE Moses beveel het. Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op 'n seëlsteen ingesny word, volgens die name van die kinders van Israel. En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene aan die kinders van Israel, soos die HERE Moses beveel het. Hy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. Dit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; 'n span sy lengte en 'n span sy breedte, dubbel gevou was dit. En hulle het daarin vier rye stene ingevul: 'n ry met 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag was die eerste ry. En die tweede ry: 'n karbonkel, 'n saffier en 'n jaspis. En die derde ry: 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis. En die vierde ry: 'n chrisoliet, 'n oniks en 'n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling. En die stene was volgens die name van die kinders van Israel twaalf, volgens hulle name. Soos op 'n seëlsteen uitgesny word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam. Hulle het ook by die borstas gedraaide kettings gemaak, soos toutjies gedraai, van suiwer goud; en hulle het twee goue kassies en twee goue ringe gemaak, en die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas bevestig, en hulle het die twee goue toutjies aan die twee ringe aan die bo-ente van die borstas vasgemaak. Maar die twee ander ente van die twee toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed bevestig, aan die voorkant daarvan. Hulle het ook twee goue ringe gemaak en dié aan die twee onder-ente van die borstas bevestig, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant. En hulle het twee goue ringe gemaak en dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed bevestig, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed. En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die ringe van die skouerkleed met 'n pers toutjie vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed kon afskuiwe nie, soos die HERE Moses beveel het. En hy het die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van pers stof. En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van 'n pantser; die opening het 'n soom rondom gehad, dat dit nie sou skeur nie. En aan die soom van die mantel het hulle granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die soom van die mantel rondom, tussen die granaatjies in: 'n klokkie en 'n granaatjie, 'n klokkie en 'n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos die HERE Moses beveel het. Hulle het ook die rokke van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir Aäron en sy seuns; en die tulband van fyn linne en die pronkmusse van fyn linne en die linnebroeke van fyn dubbeldraad-linne; en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die HERE Moses beveel het. Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE. En hulle het 'n pers toutjie daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband te bevestig, soos die HERE Moses beveel het.

EKSODUS 39:1-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

Van die blou, pers en bloedrooi wolstof het Besaleël en sy helpers die geborduurde klere gemaak wat in die diens van die heiligdom gebruik is. Soos die Here vir Moses beveel het, het hulle vir Aäron ampsklere gemaak en dit gewy. Die skouerkleed is gemaak van gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne. Hulle het bladgoud gemaak en dit in drade opgesny en ingeborduur in die blou, die pers en die bloedrooi wolstof en in die goed geweefde linne. Dit was die werk van 'n vakman. Hulle het vir die skouerkleed twee bande gemaak om dit aan die punte oor die skouer aanmekaar vas te maak. Die gordel wat oor die skouerkleed gekom het, was van dieselfde gehalte en daarvoor het hulle ook gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne gebruik, soos die Here vir Moses beveel het. Hulle het oniks verwerk en gemonteer in goud. Die name van die seuns van Israel is daarop gegraveer, soos 'n vakman dit op 'n seëlring doen. Die stene is op die skouerbande van die skouerkleed vasgewerk sodat die stene kan herinner aan die stamme van Israel. Dit alles is gedoen soos die Here vir Moses beveel het. Hulle het ook 'n borssak uitgeborduur soos die skouerkleed, die werk van 'n vakman, gemaak van gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne. Die borssak is dubbel gevou, vyf en twintig sentimeter in die vierkant. Hierop het hulle vier rye edelstene gemonteer. Die eerste ry het bestaan uit 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag; die tweede uit 'n turkoois, 'n saffier en 'n jaspis; die derde uit 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis, en die vierde uit 'n chrisoliet, 'n oniks en 'n opaal. Die hele montering was van goud. Daar was twaalf stene, een vir elke naam van die twaalf stamme van Israel. Die name van al twaalf stamme is daarop gegraveer soos op 'n seëlring. Hulle het toe van suiwer goud vir die borssak kettinkies gemaak, gedraai soos tou. Hulle het ook twee goue monterings en twee goue ringe gemaak. Die twee ringe is agter aan die twee boonste hoeke van die borssak vasgewerk en aan elkeen van hierdie ringe aan die hoeke van die borssak is 'n goue kettinkie vasgemaak. Die ander twee punte van die kettinkies is aan die twee monterings aan die voorkant van die skouerbande van die skouerkleed vasgemaak. Hulle het nog twee goue ringe gemaak en dit vasgewerk aan die onderste hoeke van die borssak, aan die agterkant waar dit teen die skouerkleed is. Hulle het nog twee ander goue ringe gemaak en dit aan die twee skouerbande van die skouerkleed vasgesit, laag af aan die voorkant, aan die naat net bo die gordel. Die ringe van die borssak is met 'n blou toutjie aan die ringe van die skouerkleed vasgemaak, net bokant die gordel van die skouerkleed, sodat die borssak nie van die skouerkleed af wegskuif nie. Dit alles is gedoen volgens die voorskrif van die Here aan Moses. Die mantel wat saam met die skouerkleed gedra word, is as een stuk blou wolstof geweef. In sy middel was daar 'n opening omgeboor, sterk soos 'n pantserhemp dat dit nie kan skeur nie. Vir die some van die mantel het hulle granaatjies gemaak van goed geweefde blou, pers en bloedrooi wolstof. Dan het hulle ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies rondom die hele soom van die mantel vasgewerk, een klokkie tussen elke twee granaatjies. Die mantel was vir diens bestem soos die Here dit vir Moses beveel het. Hulle het ook priesterklere van linne geweef vir Aäron en sy seuns, asook 'n tulband en mooi kopdoeke van linne, en linnebroeke van goed geweefde linne. Hulle het ook 'n serp gemaak van goed geweefde linne, blou, pers en bloedrooi wolstof. Dit was weefwerk, soos die Here vir Moses beveel het. Hulle het 'n blom van suiwer goud vir die gewyde tulband gemaak en daarop, soos op 'n seëlring, gegraveer: Aan Die Here Gewy. Dit is met 'n blou toutjie aan die voorkant van die tulband vasgemaak, soos die Here vir Moses beveel het.

EKSODUS 39:1-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Van die pers, purperrooi en karmosynrooi wol het hulle die geweefde klere gemaak vir dienswerk in die heiligdom. Hulle het die heilige klere vir Aäron gemaak, soos die HERE Moses beveel het. Hy het die efod gemaak van gouddraad, pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne. Hulle het die goud in dun plate uitgeklop en daarvan draadjies gesny om dit in die pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn linne in te werk – met die kundigheid van 'n vakman. Hulle het vir die efod skouerbande gemaak wat daaraan vasgeheg is, en by die twee hoeke vasgewerk is, en ook sy versierde gordel wat daaroor kom, wat 'n deel daarvan is en op dieselfde manier as die efod gemaak is van gouddraad, pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne, soos die HERE Moses beveel het. Hulle het die •oniksstene vasgesit, omring met monterings van gouddraad, en gegraveer met die gravering van 'n seëlring daarop, ooreenkomstig die name van die seuns van Israel. Hy het dit op die skouerbande van die efod vasgesit as stene ter herinnering aan die seuns van Israel, soos die HERE Moses beveel het. Hy het die borstas met gouddraad, pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne op dieselfde manier as die efod gemaak – met die kundigheid van 'n vakman. Vierkantig gevou het hulle die borstas gemaak. Dit was 'n span lank en 'n span breed gevou. Hulle het daarop vier rye edelstene gemonteer: 'n •karneool, 'n •topaas en 'n •smarag in die eerste ry; in die tweede ry 'n •malagiet, 'n •lasuursteen en 'n •akwamaryn; in die derde ry 'n •hiasint, 'n •agaat en 'n •ametis; en in die vierde ry 'n •chrisoliet, 'n •oniks en 'n •jaspis – omring met monterings van gouddraad toe dit vasgesit is. Die stene was gerangskik volgens die name van die seuns van Israel – twaalf, in ooreenstemming met hulle name. Met gravering soos op 'n seëlring het elke steen sy naam gekry, in ooreenstemming met die twaalf stamme. Hulle het aan die borstas kettinkies gesit van suiwer goud, gevleg op dieselfde wyse as touwerk. Hulle het twee goue monterings en twee goue ringe gemaak, en die twee goue ringe aan die twee hoeke van die borstas vasgeheg. Hulle het die twee goue koorde aan die twee ringe op die hoeke van die borstas vasgeheg, en die twee ander punte van die twee goue koorde het hulle aan die twee monterings vasgeheg. Hulle het dié dan aan die skouerbande van die efod, aan die voorkant, vasgeheg. Hulle het twee goue ringe gemaak en dit aan die twee ander hoeke van die borstas, aan die binnerand, teen die efod vasgeheg. Hulle het nog twee goue ringe gemaak en dit aan die onderkant van die twee skouerbande van die efod vasgeheg, aan die voorkant, naby die hegpunte van die skouerbande bo die band van die efod. Hulle het die borstas met sy ringe aan die efod se ringe met 'n draad pers wol vasgemaak, sodat dit aan die band van die efod kon bly en die borstas nie van die efod sou wegskuif nie, soos die HERE Moses beveel het. Hy het die mantel van die efod geheel en al van pers wol gemaak – met die kundigheid van 'n wewer. Die opening van die mantel was in die middel daarvan, soos die opening in 'n gevegsmondering. Die opening het 'n soom rondom gehad, sodat dit nie kon skeur nie. Hulle het op die soomnate van die mantel granate geborduur met pers, purperrooi en karmosynrooi wol en dubbeldraadlinnevesel. Hulle het klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granate op die soomnate van die mantel vasgeheg, reg rondom tussen die granate: 'n klokkie en 'n granaat, 'n klokkie en 'n granaat; reg rondom op die soomnate van die mantel – met die oog op die dienswerk, soos die HERE Moses beveel het. Hulle het die priesterrokke van fyn linne gemaak vir Aäron en sy seuns – met die kundigheid van 'n wewer. Hulle het die tulband van fyn linne, die versierde kopdoeke van fyn linne en die linnebroeke van fyn dubbeldraadlinne gemaak, ook die lyfserpe van fyn dubbeldraadlinne, met pers, purperrooi en karmosynrooi wol – met die kundigheid van 'n borduurder – soos die HERE Moses beveel het. Hulle het die roset, die heilige wydingsteken, van suiwer goud gemaak en daarop gegraveer soos wanneer 'n seëlring gegraveer word, “Heilig vir die HERE.” Hulle het 'n draad pers wol daaraan vasgebind om dit aan die tulband, aan die bokant, vas te maak, soos die HERE Moses beveel het.

EKSODUS 39:1-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe het hulle doeke gemaak om in die heiligdom te dien, en die heilige klere vir Aäron gemaak; soos die HERE Moses beveel het. En hy het die skouerkleed gemaak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. En hulle het van die goud dun plate geslaan en dit in drade gesny, om dit te bewerk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne, met listige werk. Hulle het daarvoor skouerstukke gemaak om dit aan mekaar te koppel: aan die twee rande was dit aanmekaar gekoppel. En die gordel van sy skouerkleed wat daarop was, was van dieselfde, volgens die werk daarvan; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; soos die HERE Moses beveel het. En hulle het oniksstene gesmee wat in goudstukke ingesluit is, gegraveer soos seëls gegraveer word, met die name van die kinders van Israel. En hy het dit op die skouers van die skouerkleed gesit, dat dit klippe sou wees om die kinders van Israel te gedenk; soos die HERE Moses beveel het. En hy het die borstas gemaak van listige werk, soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. Dit was vierkantig; hulle het die borstas dubbel gemaak: 'n span was sy lengte en 'n span sy breedte, verdubbel. En hulle het vier rye klippe daarin gesit: die eerste ry was 'n sardius, 'n topaas en 'n karbonkel; dit was die eerste ry. En die tweede ry, 'n smarag, 'n saffier en 'n diamant. En die derde ry, 'n liguur, 'n agaat en 'n ametis. En die vierde ry, 'n riel, 'n oniks en 'n jaspis; hulle was ingesluit in goudsakke in hul omhulsels. En die klippe was volgens die name van die kinders van Israel, twaalf, volgens hulle name, soos die gravures van 'n seël, elkeen met sy naam, volgens die twaalf stamme. En hulle het aan die borstas kettings aan die ente gemaak van toegedraaide werk van suiwer goud. En hulle het twee goue kassies en twee goue ringe gemaak; en sit die twee ringe aan die twee ente van die borstas. En hulle het die twee goue kettings in die twee ringe aan die ente van die borstas gesit. En hulle het die twee ente van die twee toegedraaide kettings aan die twee kassies vasgemaak en dit aan die skouerstukke van die skouerkleed daarvoor vasgemaak. En hulle het twee goue ringe gemaak en dit aan die twee ente van die borstas gesit, aan die rand daarvan wat aan die binnekant van die skouerkleed was. En hulle het twee ander goue ringe gemaak en dit aan die twee kante van die skouerkleed onderaan gesit, na die voorkant daarvan, teenoor die ander koppelstuk daarvan, bokant die skouerkleed se gordel. En hulle het die borstas aan sy ringe aan die ringe van die skouerkleed vasgebind met 'n pers toutjie, sodat dit bo die skouergordel van die skouerkleed kon wees, en die borstas nie van die skouerkleed losgemaak sou word nie; soos die HERE Moses beveel het. En hy het die mantel van die skouerkleed van geweefde werk gemaak, alles van pers. En daar was 'n gat in die middel van die mantel, soos 'n gat van 'n bergeon, met 'n band rondom die gat, dat dit nie sou skeur nie. En hulle het aan die soom van die mantel granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en dubbeldraad-linne. En hulle het klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granate aan die soom van die mantel gesit, rondom tussen die granate; 'n Klok en 'n granaat, 'n klokkie en 'n granaat, rondom die soom van die mantel om in te dien; soos die HERE Moses beveel het. En hulle het rokke van fyn linne van geweefde werk gemaak vir Aäron en sy seuns, en 'n tulband van fyn linne en mooi kappies van fyn linne en linnebroeke van fyn dubbeldraad-linne, en 'n gordel van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, van naaldwerk; soos die HERE Moses beveel het. En hulle het die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop 'n skrif geskrywe, soos die gravures van 'n seël: HEILIG AAN DIE HERE. En hulle het 'n pers toutjie daaraan vasgemaak om dit bo op die tulband vas te maak; soos die HERE Moses beveel het.

EKSODUS 39:1-31 Die Boodskap (DB)

Hulle het die klere wat Aäron en sy seuns moes dra wanneer hulle by die tent gaan werk het, van blou, pers en bloedrooi materiaal gemaak. Hulle het Aäron se klere presies net so gemaak soos die Here gesê het dit gemaak moes word. Die deel wat oor Aäron se skouers moes kom, is van geweefde linne gemaak, waarin gouddraad en blou, pers en bloedrooi wol geborduur is. Hulle het goud in dun velle uitgerol en dun repies daaruit gesny. Die goue drade is dan op kunstige manier saam met die blou, pers en bloedrooi wol in die materiaal ingeweef. Hulle het twee bande gemaak om dit oor die skouers vas te knoop. Hulle het die gordel waarmee die skouerkleed om die heupe vasgemaak word, op dieselfde manier borduur met gouddraad, en blou en pers en bloedrooi wol, net soos die Here vir Moses gesê het. Nadat hulle onikssteen poleer het, het hulle dit in goud vasgesit en die name van die families van die Israeliete kunstig daarop gegraveer. Dit is op die skouerbande van die kledingstuk vasgesit sodat die name op die stene Israel kon verteenwoordig. Dit is alles gedoen presies net soos die Here vir Moses gesê het. Die sak wat voor die bors kom, was ’n kunswerk. Hulle het dit net soos die deel wat oor die skouers kom, van geweefde linne gemaak wat met gouddraad en blou en pers en bloedrooi wol geborduur is. Die materiaal is dubbel gevou om ’n sak te vorm. Dit was vierkantig en 25 sentimeter lank en breed. Hulle het twaalf soorte halfedelstene daarop vasgesit, gerangskik in vier rye van drie elk. In die eerste ry was daar karneool, topaas en smarag; in die tweede ry turkoois, saffier en jaspis; in die derde hiasint, agaat en ametis, en in die vierde ry chrisoliet, oniks en opaal. Dit is in ’n montering van goud vasgesit. Die twaalf name van die families van Israel is elkeen op een van die twaalf stene gegraveer soos op ’n seëlring. Hulle het vir die sak goue kettinkies uit suiwer goud gemaak wat soos tou gevleg is. Hulle het ook twee goue ringe gemaak en dit aan die twee boonste hoeke van die sak vasgesit. Die kettinkies is toe aan die ringe vasgesit. Die ander punte van die kettinkies is vasgesit aan die monterings op die bande van die deel wat oor die skouers kom. Hulle het nog twee ander goue ringe gemaak en hulle vasgewerk aan die onderste twee hoeke van die sak wat voor die bors kom. Dit is vasgewerk aan die binnekant waar dit teen die skouerkleed kom. Twee verdere ringe is laag af vasgewerk waar die gordel kom, aan die bande van die skouerkleed. Hulle het toe die onderste twee ringe van die borssak met ’n blou toutjie aan die ringe van die skouerkleed vasgesit, sodat dit nie laer as die gordel kon afsak nie. Dit was presies soos die Here vir Moses gesê het hulle dit moet maak. Hulle het die deel wat bo-oor die deel gaan wat oor die skouers is, uit een stuk blou materiaal gemaak. Dit het in die middel ’n gat gehad waardeur die kop gesteek kon word. Die opening is omgeboor en versterk sodat dit nie kon skeur nie. Reg rondom die kleed, al op die soom van die kleed, het hulle blou, pers en bloedrooi tosseltjies vasgewerk, wat met goue klokkies afgewissel is. Dit was soos die Here gesê het dit moet wees. Hulle het ook vir Aäron en sy seuns stelle klere van fyn linne gemaak vir hulle werk by die tent. Daar was gordels en mooi hoede en linnebroeke en serpe van goed geweefde linne, gestik met blou, pers en bloedrooi wol. Dit was soos die Here gesê het dit moes lyk. Hulle het ook vir Aäron se hoed ’n blom van suiwer goud gemaak. Hulle het met kunstige letters daarop gegraveer: “Vir die Here alleen.” Dit is aan die voorkant van die hoed vasgeknoop met ’n blou toutjie. Dit was alles presies soos die Here vir Moses gesê het dit gemaak moet word.

EKSODUS 39:1-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Vir die priesters het hulle klere van blou, pers en bloedrooi materiaal gemaak. Hulle moes hierdie klere dra wanneer hulle by die heiligdom diens gedoen het. Hulle het dit presies net so gemaak soos die HERE vir Moses gesê het. Die skouerkleed was van fyn linne waarin gouddraad en blou, pers en bloedrooi wol geweef was. ’n Kunstenaar het goud in dun velle uitgerol en dun repies daaruit gesny. Hy het dit saam met die blou, pers en bloedrooi wol ingeweef in die materiaal. Hulle het aan die skouerkleed twee skouerbande gemaak waarmee dit aan die skouers vasgemaak kan word. Hulle het ook ’n gordel gemaak waarmee die skouerkleed om die heupe vasgetrek word. Dit was uit dieselfde fyn linne met blou en pers en bloedrooi wol ingeweef. Dit was presies net soos die HERE vir Moses gesê het. Hulle het oniks poleer en dit in goud gemonteer. Hulle het daarin die name van die stamme van Israel gegraveer. Dit is op die skouerbande van die skouerkleed vasgesit. Hierdie stene het die HERE aan die volk van Israel herinner. Dit is alles presies net so gemaak soos die HERE vir Moses gesê het. Die sak wat voor die bors kom, is op dieselfde manier as die skouerkleed gemaak. Dit was van fyn linne waarop gouddraad en blou en pers en bloedrooi wol geborduur is. Die materiaal is dubbel gevou om ’n sak te vorm van 25 sentimeter lank en breed. Hulle het hierop vier rye met drie edelstene elk vasgemaak. In die eerste ry was daar karneool, topaas en smarag. In die tweede ry was daar turkoois, saffier en jaspis. In die derde ry was daar hiasint, agaat en ametis. Die laaste ry het chrisoliet, oniks en opaal gehad. Elkeen was in goud gemonteer. In elke steen was ’n naam van die twaalf stamme van Israel fyn gegraveer. Om die borssak aan die skouerkleed vas te maak, het hulle goue kettinkies gemaak wat soos tou gevleg is. Hulle het ook twee ringetjies gemaak wat hulle aan die bokant van die borssak vasgewerk het. Die kettinkies is deur die ringetjies gesteek. Die punte van die kettinkies is aan die bande vasgewerk wat oor die skouers kom. Twee ander ringetjies is aan die onderkant van die borssak vasgewerk. Hulle was aan die agterkant vasgewerk waar dit oor die skouerkleed kom. Twee ringetjies is ook vasgewerk aan die skouerkleed waar die gordel kom. Hierdie onderste ringetjies is aan mekaar vasgemaak met blou toutjies om te keer dat die borssak afsak. Alles is presies net so gemaak soos die HERE vir Moses gesê het. Die mantel van die skouerkleed is uit een stuk blou materiaal gemaak. In die middel was daar ’n opening waardeur Aäron sy kop kon steek. Dit het ’n omboorsel gehad om te keer dat dit skeur. Al op die kant van die mantel het hulle blou, pers en bloedrooi tosseltjies vasgewerk wat uit garing gemaak is. Hulle het ook goue klokkies al op die soom vasgewerk. Die tosseltjies en klokkies het mekaar afgewissel. Dit is gemaak presies net soos die HERE vir Moses gesê het. Hulle het ook vir Aäron en sy seuns ander klere uit fyn linne gemaak. Hulle het ’n tulband en kopdoeke van fyn linne gemaak, asook linnebroeke. Daar was ook serpe van geborduurde materiaal waarin blou, pers en bloedrooi wol ingeweef is. Dit was net soos die HERE vir Moses gesê het. Hulle het ook vir Aäron se tulband ’n blom van suiwer goud gemaak. Daarin was fyn gegraveer: “Net vir die HERE.” Hierdie blom is met blou gare aan die voorkant van die tulband vasgewerk, presies net soos die HERE vir Moses gesê het.