ESEGIËL 18:20
ESEGIËL 18:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die siel wat sondig, dié moet sterwe. Die seun sal die ongeregtigheid van die vader nie dra nie, en die vader sal die ongeregtigheid van die seun nie dra nie
ESEGIËL 18:20 Bybel vir almal (ABA)
Die persoon wat sonde doen, is die persoon wat sal sterf. Ek sal nie 'n seun straf oor die sonde van sy pa nie en Ek sal nie 'n pa straf oor die sonde van sy seun nie. Dit sal goed gaan met die mens wat reg doen en dit sal sleg gaan met die mens wat verkeerd doen.
ESEGIËL 18:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.
ESEGIËL 18:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mens wat sondig, sal sterwe. 'n Seun sal nie die straf op sy pa se sonde dra nie, en 'n pa sal nie die straf op sy seun se sonde dra nie. Wie leef volgens my wil, sal die vrugte daarvan pluk. Wie goddeloos is, sal die straf daarvoor dra.
ESEGIËL 18:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die persoon wat sonde doen, hy sal sterf. 'n Seun sal nie die sondeskuld van 'n vader dra nie, en 'n vader sal nie die sondeskuld van 'n seun dra nie. Die geregtigheid van die regverdige sal op homself van toepassing wees, en die goddeloosheid van 'n goddelose sal op homself van toepassing wees.
ESEGIËL 18:20 Die Boodskap (DB)
Die een wat die slegte dade doen, sal self en alleen gestraf word daarvoor. Hy sal doodgemaak word. Daarvoor sal Ek sorg. ’n Kind word nie doodgemaak omdat sy pa slegte dinge gedoen het nie, en ’n pa en ma word nie gestraf omdat hulle kind slegte dinge gedoen het nie. Mense wat reg doen, sal die loon daarvoor kry. En mense wat sleg optree, sal gestraf word daarvoor.
ESEGIËL 18:20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die een wat sonde doen, word doodgemaak. ’n Kind sal nie vir die ouer se sondes gestraf word nie. En ’n ouer sal nie vir die kind se sondes gestraf word nie. Regverdige mense sal beloon word vir die goeie wat hulle doen. En slegte mense sal gestraf word vir die slegte wat hulle doen.