GALASIËRS 3:8-9
GALASIËRS 3:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Die Ou Testament het lank gelede gesê dat God die heidene sal vryspreek van hulle sonde omdat hulle glo. Daarom het God hierdie goeie boodskap vir Abraham gegee: Ek seën jou, en daarom sal Ek ook al die heidene seën. Daarom moet julle dit weet: God het vir Abraham geseën en God seën almal wat glo soos Abraham glo.
GALASIËRS 3:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.
GALASIËRS 3:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Skrif het vooruit geweet dat God ook mense wat nie Jode is nie, sou vryspreek as hulle glo. Daarom het die Skrif al voorheen die goeie nuus vir Abraham gebring: “In jou sal al die nasies geseën word.” Dit is dus dié wat glo, wat saam met die gelowige Abraham geseën word.
GALASIËRS 3:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En omdat die Skrif dit vooruit gesien het dat God die heidene op grond van geloof regverdig sou verklaar, het die Skrif die evangelie reeds vooraf aan Abraham verkondig: “In jou sal al die nasies geseën word.” Daarom word die mense wat glo, saam met die gelowige Abraham geseën.
GALASIËRS 3:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die Skrif, wat voorsien het dat God die heidene sou regverdig deur die geloof, het voor die evangelie aan Abraham verkondig en gesê: In jou sal al die nasies geseën word. So word dan die wat uit die geloof is, geseën met die getroue Abraham.
GALASIËRS 3:8-9 Die Boodskap (DB)
Die Bybelskrywers het lankal geweet dat God mense uit ander volke wat in Hom glo, van hulle sondes sou vryspreek. Abraham het ook hierdie goeie nuus gehoor. Daar is vir hom gesê: “Jou geloof sal nog maak dat al die volke op aarde eendag God se seën beleef.” Weet julle, ons almal wat glo, val onder die gelukkiges wat nou deel het in die seëninge wat God aan Abraham gegee het. Dit net omdat hierdie een man bereid was om God op sy woord te neem.
GALASIËRS 3:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Verder het die Skrif vooruit gesien dat God nie-Jode deur geloof sou vryspreek. Daarom is die Goeie Nuus vooraf aan Abraham bekendgemaak: “Deur jou sal al die volke geseën wees.” Almal wat glo, word gevolglik geseën saam met die gelowige Abraham.