GENESIS 10:21-32
GENESIS 10:21-32 Bybel vir almal (ABA)
Sem het ook 'n nageslag gehad. Hy was die voorvader van al die Hebreërs. Sem se oudste broer was Jafet. Sem se nageslag was die mense van die lande Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram. Aram se nageslag was die mense van die lande Us, Gul, Geter en Mas. Arpaksad was die pa van Selag, en Selag was die pa van Heber. Heber het twee seuns gehad. Die een seun se naam was Peleg. In die tyd toe Peleg gelewe het, het hulle die land verdeel. Peleg se broer was Joktan. Joktan was die pa van Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, Hadoram, Usal, Dikla, Obal, Abimael, Skeba, Ofir, Gawila en Jobab. Hulle was almal Joktan se nageslag. Hulle het gewoon tussen Mesa en Sefar, in die berge in die ooste. Sem was die voorvader van al hierdie mense. Elke familie het sy eie taal gepraat en het in sy eie land gewoon. Hulle het verskillende volke geword. Dit is die nageslag van Noag se seuns. Hulle was die voorvaders van al die volke wat ná die watervloed oral op die aarde gaan woon het.
GENESIS 10:21-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore. Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram. En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas. En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber. En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan. En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag en Hadóram en Usal en Dikla en Obal en Abímael en Skeba en Ofir en Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan. En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van die Ooste. Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies. Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.
GENESIS 10:21-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir Sem is daar ook kinders gebore. Hy was die voorvader van al die Hebreërs. Sy oudste broer was Jafet. Die nageslag van Sem: Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram. Die nageslag van Aram was Us, Gul, Geter en Mas. Uit Arpaksad het Selag gekom, en uit Selag Heber. Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg , want in sy tyd is die land verdeel, en die naam van sy broer was Joktan. Uit Joktan het gekom Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, Hadoram, Usal, Dikla, Obal, Abimael, Skeba, Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal het uit Joktan voortgekom. Hulle nedersettings het gestrek van Mesa af in die rigting van Sefar in die oostelike bergwêreld. Hulle is almal die nageslag van Sem, met hulle eie stamme en tale, in hulle eie lande en onder hulle eie nasies. Dit is die stamme van die seuns van Noag volgens hulle herkoms onder hulle eie nasies. Uit húlle het die nasies oor die aarde versprei ná die oorstroming.
GENESIS 10:21-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En vir Sem, die ouer broer van Jafet, ook vir hom is seuns gebore. Hy was die stamvader van die hele nageslag van Heber. Die nageslag van Sem was Elam, Assur, Arpagsad, Lud en Aram. Die nageslag van Aram was Us, Gul, Geter en Mas. Arpagsad het Selag verwek, en Selag het Heber verwek. Vir Heber is twee seuns gebore: die een se naam was Peleg, want in sy tyd het die aarde verdeeld geraak, en sy broer se naam was Joktan. Joktan het Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, Hadoram, Usal, Dikla, Obal, Abimael, Seba, Ofir, Gawila en Jobab verwek. Hulle almal was die nageslag van Joktan, en hulle woongebied het gestrek van Mesa af in die rigting van Sefar, die heuwelland in die ooste. Dit was dan die nageslag van Sem volgens hulle grootfamilies, met hulle eie tale, in hulle eie lande, volgens hulle nasies. Dit was die grootfamilies van Noag se seuns volgens hulle familiegeskiedenis, volgens hulle nasies. Uit hulle het die nasies oor die aarde versprei ná die vloed.
GENESIS 10:21-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ook vir Sem, die vader van al die kinders van Heber, die broer van Jafet, die oudste, vir hom is kinders gebore. Die kinders van Sem; Elam en Assur en Arpaksad en Lud en Aram. En die kinders van Aram; Us en Hul en Geter en Mas. Arpaksad was die vader van Sala; en Salah verwek Eber. Vir Heber is twee seuns gebore: die naam van een was Peleg; want in sy dae is die aarde verdeel; en die naam van sy broer was Joktan. Joktan was die vader van Almodad en Selef en Hasarmawet en Jerag, en Hadoram en Usal en Dikla, en Obal en Abimael en Skeba, en Ofir en Hawila en Jobab; hulle almal was die seuns van Joktan. En hulle woonplek was van Mesa af, terwyl jy gaan na Sefar, 'n berg van die ooste. Dit is die seuns van Sem, volgens hulle geslagte, volgens hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies. Dit is die geslagte van die seuns van Noag, volgens hulle geslagte, in hulle nasies; en hierdeur is die nasies verdeel op die aarde ná die vloed.
GENESIS 10:21-32 Die Boodskap (DB)
Sem het ook ’n hele klomp kinders gehad. Hy was die voorvader van al die Hebreërs. Sy oudste broer was Jafet. Sem se nageslag was: Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram. Die nageslag van Aram was Us, Gul, Geter en Mas. Uit Arpaksad is Selag gebore en uit Selag, Heber. Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg, want in sy tyd het die mense oor die hele aarde verdeel geraak. Sy broer se naam was Joktan. Uit Joktan is gebore Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, Hadoram, Usal, Dikla, Obal, Abimael, Skeba, Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal is Joktan se seuns. Hulle nedersettings was van Mesa af tot by Sefar in die oostelike bergwêreld. Hierdie is dan Sem se nageslag, ingedeel volgens hulle stamme en volksgroepe, hulle tale en kulture asook hulle landstreke. Hierdie is al die stamme uit Noag se drie seuns. Hulle is ingedeel volgens die lande waarin hulle gewoon het. Uit hulle het al die nasies van die wêreld ná die oorstroming ontstaan.
GENESIS 10:21-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vir Sem, wie se ouer broer Jafet was, is daar ook kinders gebore. Sem was die voorvader van die Hebreërs. Sem se nageslag was Elam, Assur, Arpaksad, Lud en Aram. Die nakomelinge van Aram was Us, Gul, Geter en Mas. Arpaksad was die voorvader van Selag en Selag was die voorvader van Heber. Heber het twee seuns gehad. Die eerste was Peleg (“verdeling”), want in daardie tyd is die mense verdeel en het hulle oor die aarde versprei. Sy broer se naam was Joktan. Joktan was die voorvader van Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, Hadoram, Usal, Dikla, Obal, Abimael, Skeba, Ofir, Gawila en Jobab. Die nakomelinge van Joktan het gewoon in die gebied vanaf Mesa na die oostelike heuwels van Sefar. Dit was die nakomelinge van Sem, aangedui volgens hulle stamme, tale, onderskeie gebiede en nasies. Dit is die geskiedenis oor die afstammelinge van Noag se seuns, aangedui volgens hulle afstamming en onderskeie nasies. Dit is die stamme waaruit die nasies wat ná die vloed oor die aarde versprei het, afkomstig was.