Vir Sem, wie se ouer broer Jafet was, is daar ook kinders gebore. Sem was die voorvader van die Hebreërs. Sem se nageslag was Elam, Assur, Arpaksad, Lud en Aram. Die nakomelinge van Aram was Us, Gul, Geter en Mas. Arpaksad was die voorvader van Selag en Selag was die voorvader van Heber. Heber het twee seuns gehad. Die eerste was Peleg (“verdeling”), want in daardie tyd is die mense verdeel en het hulle oor die aarde versprei. Sy broer se naam was Joktan. Joktan was die voorvader van Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, Hadoram, Usal, Dikla, Obal, Abimael, Skeba, Ofir, Gawila en Jobab. Die nakomelinge van Joktan het gewoon in die gebied vanaf Mesa na die oostelike heuwels van Sefar. Dit was die nakomelinge van Sem, aangedui volgens hulle stamme, tale, onderskeie gebiede en nasies. Dit is die geskiedenis oor die afstammelinge van Noag se seuns, aangedui volgens hulle afstamming en onderskeie nasies. Dit is die stamme waaruit die nasies wat ná die vloed oor die aarde versprei het, afkomstig was.
Lees GENESIS 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 10:21-32
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's